27 vervolg oor ‘paspoort-sindikaat’

Argieffoto (Foto: Christel Cornelissen/Maroela Media)

Altesaam 27 mense het Maandag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn oor bewerings van ʼn sindikaat wat vervalste paspoorte vervaardig. Hulle staan tereg op aanklag van korrupsie.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Gauteng, sê die groep is in hegtenis geneem tydens ʼn klandestiene operasie deur die Valke se eenheid wat ernstige misdaad ondersoek, die transitorooftog-taakspan, die departement van binnelandse sake se teenkorrupsie-eenheid en Johannesburg-Sentraal se taktiese reaksie-eenheid.

Die operasie is Vrydagoggend vroeg by die kantoor van die departement van binnelandse sake in Krugersdorp uitgevoer.

“Wetstoepassers het ʼn wenk ontvang oor die sindikaat wat na bewering vervalste paspoorte vervaardig. Hulle het glo saam met beamptes van binnelandse sake gewerk om Suid-Afrikaners te identifiseer wat bereid was om hul identiteite vir R500 te verkoop. Die Suid-Afrikaanse burgers se besonderhede is dan gebruik om ʼn paspoort vir uitlanders te vervaardig en is verkoop vir R40 000 elk.”

Die saak is tot 5 April 2022 uitgestel vir voorbereidings vir die aansoeke om borgtog. Alle verdagtes bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Miskruier ·

Wanneer jy geen liefde vir jou land en mede mens het, kan jy jou geboorte reg verkoop .

Casper ·

Dit is iets wat al lank aan die gang is.Ek het self by binnelandse sake gewerk en jy moes dit durf waag om iets te sê.Die kantoorhoof by die kantoor waar ek gewerk het verkoop identiteitsdokument op so manier aan buitelanders R 3000 deposito en R3000 as die applikant sy dokument kry. Op die manier ry hy ‘ Lexus,dubbelkajuit Landcruiser besit hy ‘n 416 Rigby jaggeweer,270 jaggeweer,30-06 jaggeweer ‘n 308 jaggeweer ‘n haelgeweer,twee pistole en ,’n rewolwer.Hy het vir sy drie seuns ook elkeen ‘n jaggeweer gekoop en ‘n pistool vir elkeen.Hy bekleë die rang van Assistent direkteur.

Piet ·

So. Ek neem aan jy het al die bewyse en gaan, of het reeds, ‘n saak by die polisie aangemeld. Ek lei af jy werk nie meer daar nie, so, nou is jou geleentheid.

Di ·

Skandelik! Nog nooit soveel skelms byekaar gesien soos hier in ons land nie. Die ANC regering is ‘n goeie voorbeeld vir “our people” wanneer dit by korrupsie pleeg kom

Piet ·

Nou ja. Sekere mense het inligting oor korrupsie, maar hulle sit op hulle hande. Lees maar van die kommentare.

Hennie Biebouw ·

Vir R500? Hoe wanhopig of totaal oningelig moet jy wees om jou identiteit vir R500 te verkoop.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.