27 weermaglede geskors oor bewerings van korrupsie

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse weermag het Donderdag aangekondig hy het 27 van sy lede geskors nadat bewerings van korrupsie en bedrog aan die lig gekom het.

Brig.genl. Xolani Mabanga, die weermagwoordvoerder, het gesê die geskorste lede sluit 19 soldate en agt burgerlikes in.

“Die hoof van die weermag, genl. Solly Shoke, het hierdie 27 lede, wat by die weermagondersteuningsbasis in Limpopo werk, op verpligte verlof geplaas terwyl ʼn ondersoek na bewerings van bedrog en korrupsie by die basis gedoen word,” het Mabanga gesê.

Hy het gesê die weermag sal voortgaan om bedrog en korrupsie in sy geledere uit te roei. Mabanga het nie onmiddellik meer besonderhede rondom die bewerings bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Johann ·

27?????? En dit gaan oor korrupsie? Ag asseblief! Of is dit die verste wat die “bevelvoerder” kan tel?

Maria van Dieweeck ·

As ek die woord weermaglede lees, dink ek aan my broers en hoe paraat, en trots hul was. Ware manne vol eerbied en respek, gereed om hul lewens vir ons neer te le, al was hul jonk. Gereed om uit vliegtuie te spring, gereed om ons grense te bewaak, gereed om die vyand te verslaan! Wat is n weermaglid vandag? DANKIE aan elke man wat in die ware weermag n rol gespeel het, julle is helde in is nie vergete nie. Alle respek.

Jeanne ·

Ons het darem ‘n weermag en polisiemag om op trots te wees, asb gee ons die statistiek van hoeveel polisiemanne en weermagpersoneel al die afgelope jaar aangekla is/skuldig bevind is aan korrupsie en ander kriminele oortredings? Ons moet hoop daar is nooit enige aanvalle op SA nie, want met sulke mense in posisies waar hulle die land en sy mense moet verdedig, sien ek net swarigheid.

KarooKlong ·

Jeanne,
Jammer dat ek inbreek, as ek die woord “gehad” in jou eerste sin invoeg dan klink die sin vir my meer reg.

Arina ·

Verskeie van my familielede is trotse soldate, en hul weier om hul standaard te laat val, ongelukkig is bedrog en korrupsie groot dinge waaraan alle ras groepe hul skuldig maak in die organisasie. ( sien onlangse berig van beweerde bedrog en korrupsie op MM oor Brig genl Eggars). Mooi so dat die ouens vasgevat word.

Blondie ·

Gaan hulle ook ‘pay’ kry soos die honderde in 2009…..sit by die huis en kry pay…

Joann ·

Weermag?? Watter weermag?? Daar is mos nie meer so iets nie. Almal dra hul dood aan die range en nie een kan eers n geweer hanteer nie,wat nog te se van grofgeskut.

Carlia ·

Joann, jy kan dit ook weer sê. Hul het mos hul range op ‘n skinkbord gekry.

Hendrik ·

Johan uitlatings soos die laat veel tewense oor. Is jy self in die weermag indien nie hou jou opinie vir jou self want dit is duidelik dat jy glad nie weet waarvan jy praat nie.

Soldaat ·

Joann gaan help jouself en bly stil as jy niks goed te sê het nie. Ons gaan skiet gereeld hoor. Daar is natuurlik sommiges wat sukkel met vuurwapens soos integration forces maar moet nie veralgemeen nie. Dankie Hendrik.

Carlia ·

Ag verdomp. Shoke moet sy ogies wawyd oopmaak. Dit is orals en hierdie is nie eers ‘n punt van die ysberg nie. Gaan loop bietjie in ‘n Mall en ry bietjie rond. Die misbruik van staatsgeld, staatsvoertuie, staatstyd is verskriklik. Hulle ry dan met pantservoertuie na ‘n woonbuurt om gou gou iets by hul huise te gaan haal. Voor Makro stop pantservoertuie in werkstyd om drank te gaan koop. Daar is geen trots in vandag se Weermag nie en die bietjie blankes wat oor is, is of saam met die stroom of veg ‘n verlore stryd.

Hennie ·

Die generaal wil korrupsie uit die weermag uitroei? Daar gaan niks van die weermag oorbly nie! (Behalwe die “voorheen bevoordeeldes”)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.