28 000 polisiebeamptes binnekort bevorder

Minister Bheki Cele (Foto: Phando Jikelo, ANA)

Meer as 28 000 polisiebeamptes sal tussen nou en 31 Maart volgende jaar bevorder word.

Só het Bheki Cele, minister van polisie, Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê. Cele het saam met genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, verslaggewers toegespreek. Hy het gesê afgesien van dié beamptes wat al lank op bevordering wag, is daar ook nog 3 000 beamptes – meestal in die polisie se spesialiseenhede – wie se poste hergradeer sal word.

Dié reëling kom ná maande se onderhandelinge met vakbonde wat kla dat van hul lede al langer as ʼn dekade op bevordering wag vanweë massiewe agterstande hiermee.

“Ons het ʼn implementeringsplan ontwerp vir beide die bevorderings en die graderings, en hierdie spesifieke implementeringsplan sal ook die hersiening insluit van sekere kategorieë wat ons sal voortgaan om te implementeer,” het Sitole gesê.

“Daar is tans ʼn aksieplan… hierdie onmiddellike plan is ʼn gefinansierde plan.”

Cele sê die SAPD sal nie nuwe geld uit die fiskus vir die bevorderings ontvang nie, maar sal geld in die huidige begroting moet vind deur sommige programme af te skaal en ander uit te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Sean ·

@Andrea, sê ek ook, en van daai 28 000 verdien seker 20 dit werklik, die ander doen niks nie, en dan soek ons bevordering. Ek kan jou ook n brief gee oor wie bevorder gaan word en wie nie.

Ronell ·

Al julle bitterbekke, julle behoort julle te skaam vir jul oningeligte menings. My man wat 24 jaar gelede laas bevorder is, wat werksaam is in n “township” temidde van baie geweld en eksplisiete haat teenoor hom en die 3 ander wit kollegas, werk sy jis af omdat alles op hul afgeskuif word. Geeneen van julle vingerwysers en sleg sêers is in hul posisies nie want julle gaan met oogklappe deur die lewe. Niemand weet wie die bevoorregte 28000 gaan wees nie, my man en sy kollegas in dieselfde posisie as hyself weet egter dat hulle heel moontlik nie van die bevoorregtes sal wees nie. Dink asb voor julle iets kwytraak, veral as jy gewoonlik sê wat jy dink. Woorde, hoe vals of verkeerd ookal, kan nooit weer herroep word nie.

Johan H. ·

Hoop nie dis van skelm na uiters skelm nie. Geluk aan die 50 % wat dit verdien!!!

Genieve ·

Bevorder tot skelms want elkedag word nou n polisieman /vrou inhegtenis geneem.

vonnie ·

dis die enkeles. jy het geen bewyse dat almal korrup is nie. my broer is nie, en ek hoop regtig hy word bevorder. is darem nou al kaptein na hy vir hoeveel jare oorgesien is agv sy velkleur. maar sonder hulle sal julle nie iemand he om oor te kla nie. gaan werk bietjie self daar en kyk wat moet die mense elke dag deur maak. maar is oke, kla maar voort …….

JG ·

So as daai spul nou bevorder word…wie gaan die werk doen om die skelms te vang ?

Ray ·

Vonnie, ek stem saam. My broer is nou al 22 jaar AO, geen bevordering agv velkeur. Bietjie tyd dat die goed gebeur. Ek hoop net hulle bevorder mense wat dit verdien

Shirley ·

Ja Ray en Vonnie ek stem saam my man is al vir 28 jaar ‘n kaptein en sal seker aftree as ‘n kaptein geen bevordering vir hom nie want hy is wit en nie korrup. Hulle bevorder net die korruptes en meerderheid.

anni ·

Ja Cele Wie gaan bevorder word? My man moes baklei deur unie en Howe om Sy regmatige bevordering jare terug te Kry. Al Sy studente Wat hy op gelei het is al almal brigadiers!!!! Maar Ons mag ni voete stamp en brande stig ni. Geen blanke sal bevorder word ni. Maar as daar is, sal ek baie bly wees.

AW ·

Julle raak te gou op gewonde !!
Gaan lees SSSBC – 2 / 2018 en dan ook
SSSBC – 3 / 2018 ivm Grade Progression.

jakes ·

Ek het geen probleem met die 500 polisiemanne wat bevordering verdien nie. Hulle is toegewyd in hul taak en dien die nasie met eer. Ek bevraagteken egter die ander 95% wat slegs daar is om n salaris te trek op betaaldag. Graag wil ek weet of die volgende kenmerke van die polisie n voorvereiste is vir bevordering? As hulle nie kan lees of skryf nie? As hulle onbevoeg verklaar is om n vuurwapen te hanteer of besit? Is n kriminele record n voorvereiste vir bevordering? Is gewapende roof en kaping aan aanvaarbaar vir n beter pos?

Michael ·

Ja en dit sal dan seker ook die misdaad probleem oplos. Wys jou nou net hulle voel vere vir misdaad.

Geregtigheid ·

Hoeveel van die 28000 is blank en hoeveel is ander kleurig?

Elsabie ·

Ag asseblief, miskien moet daar genoem word dat blankes nie ‘n kans staan nie. Ons almal weet dit. Dis hoekom ek die SAPD gelos het. Dis alles oor ras en nie jou toewyding en kennis en harde werk wat gesien word nie. Dis ‘n helse klugspul.

pieter ·

Hoop ma my vrou is ook een.Al 20 jaar plus n AO.Poste gevul wa Kapteins en L/kol bestuur het.En as daai poste se nuwe mense aangestel word,word sy oor die hoof gesien,jul weet seker hoekom.

Yolanda ·

Ek is n senior klerk ini Polisie al vir 22 jaar en nog steeds opi selfde level. Ons klerke wat 20 jaar en langer ini mag is doen aansoek vir bevordering maar kry dt nooit ni. Ons doen di Polisie manne se werk vir hule. Ons klerke werk partykeer in di charge office ook. Ek is al 28 jaar ini polisie en ek dink ek mors net mt tyd. Hule kyk na di polisie manne maar ni na ons wat eindelik di werk doen ni. Bevordering is taboe vir ons level 6 klerke.

Anne ·

Let wel. Opgradering van range is vir die laer range van konstabel na sersant, sersant na adjudant, en adjudant 1 na adjudant 2 (non commissioned ranks) wat 11jr in range is.
Wat offisiere aanbetref, wel, hoe klink dit om n Kaptein vir 23jr te wees en wat reeds jou top kerf bereik het. Salaris groei nie en alles gaan op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.