Minstens 28 persone is beseer tydens ʼn busongeluk Sondagoggend op die N2 naby die NPC-sementfabriek in Durban.
“Die bus was net na 05:00 in ʼn botsing met twee motors betrokke voor dit die snelweg verlaat en teen die wal afgery het,” het Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, gesê. “Altesaam 28 persone het van geringe tot matige beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer voor hulle na verskeie hospitale in Durban geneem is vir verdere behandeling.”
Dit is nog nie duidelik hoe die ongeluk plaasgevind het nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
Busse gevaarlik op paaie
Waarheen was die bus oppad, na die ANC se manifesto wat vandag in die area gehou word?