28 beseer weens ‘erge turbulensie’ op SAL-vlug

Die vlugroete van SA286. Foto: Flightaware.com

Die vlugroete van SA286. Foto: Flightaware.com

Altesaam 28 mense is Woensdagoggend beseer nadat ʼn vlug van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), “erge turbulensie” tussen Johannesburg en Hongkong ervaar het.

“Vlug SA286 het vanoggend ná die voorval omstreeks 06:30 (Suid-Afrikaanse tyd) veilig in Hongkong geland,” het Tlali Tlali, die SAL se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê. “Daar was 165 passasiers aan boord. Drie bemanningslede en 25 passasiers het beserings opgedoen. Die vlug het in Kuala Lumpur (Maleisië) se lugruim die turbulensie ervaar.”

Tlali het gesê die lugredery het gereël dat die beseerdes mediese behandeling ontvang nadat die vlug geland het.

Die SAL sal later meer inligting verskaf.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.