28 in hof oor twee se moord

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 28 mans het Maandag in die Carletonville-landdroshof in Gauteng verskyn in verband met die moord op twee mans.

“Die mans staan tereg op aanklag van moord,” het lt.kol. Khensani Magoai, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die saak is uitgestel tot 23 September.”

Die verdagtes, tussen 22 en 42 jaar oud, is Sondag in Carletonville in die weste van Johannesburg in hegtenis geneem nadat ʼn man, wat erg aangerand is, in Blyvoor Block 8 aangetref is. Volgens Magoai was daar Saterdagaand ʼn skietery in die omgewing. “Terwyl die polisie die volgende dag besig was met hul ondersoek, het hulle op die man afgekom. Hy is na ʼn hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.”

Nog ʼn man is in dieselfde gebied doodgeskiet, vermoedelik deur dieselfde verdagtes.

Plaaslike inwoners het die verdagtes aan die polisie uitgewys.

Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.