28 sonpanele by PE-lughawe gesteel

Port Elizabeth- Internasionale Lughawe (Foto: SA Toerisme)

Die polisie in die Oos-Kaap sal dringend ingryp ná lugvaartowerhede by hulle aangeklop het oor voortgesette diefstal van kabels en sonkragpanele by die Port Elizabeth- Internasionale Lughawe.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê na bewering is 28 sonkragpanele binne ses weke van die lughawe gesteel. “Die diefstal hou ʼn ernstige bedreiging in vir kommunikasie tussen lughawens en die beheertoring.”

Naidu het gesê die polisie se honde-eenheid het Donderdag vroegoggend reageer op ʼn klag van ʼn diefstal wat aan die gang is by die lughawe. Sy het gesê vier verdagtes was glo besig om die heining te knip om toegang te bekom tot die lughawe. ʼn Beskrywing van die verdagtes is by die polisie aangemeld. Die verdagtes het, ná hulle lughawesekuriteit gesien het, in die bosse in gevlug. Die beamptes het ook die bosse ingevaar en die verdagtes opgemerk. Ná hulle ʼn paar keer gewaarsku is om stil te staan, het sers. Wallace Kettledas sy hond Bentley vrygelaat.”

ʼn 19-jarige man is in hegtenis geneem. Die ander verdagtes het ontsnap. Hy bly in aanhouding en sal na verwagting binnekort in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Wondernet ·

Ek wonder of die bure gaan agterkom as die skelms skielik sonpanele opsit. Dit moet seker groot wees. Hoop hulle rapporteer dit aan die SAP

Compensation ·

Sies tog al wat hulle wou doen is- expropriate without compensation – hulle amper konstitusionele reg.

Swanna ·

Stem dit lees soos’n ses jarige dit uit sy duim gesuig het en ‘n storie op gedus het.

Hanna Hoekom ·

SAPD gaan die situasie “monitor” soos gewoonlik. Dus gaan hulle NIKS doen nie!

Anette ·

Ek stem nie saam met ons land se wetteloosheid nie. Ek het myself al so baie gevra wat sou ek doen as ek honger was en honger kinders.

Scalla ·

Anette, dan gaan werk jy om te kan sorg vir jou mense, die lewe bestaan uit verskeie keuses, as jy die verkeerde keuse neem moet jy bereid wees om die gevolge te dra, die probleem is hul word met toelaes betaal om kinders te kry, sonpanele gaan hul beslis nie kan eet nie.

Basjan ·

Die diewe pleeg diefstal omdat hulle kan en ook omdat hulle toegelaat word.

dance ·

Die diewe vang en hulle met skoenveters onder die vliegtuie se vlerke vasmaak.

DT ·

Totale boewery.Die groot sosio-ekonomiese probleem kan vierkantig voor deur van ANC gele word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.