28 vas oor oproer in Middelburg

Die N11 is tydens die betogings gesluit (Middelburg, Mpumalanga) (Foto: Yusuf Abramjee/Twitter)

Agt-en-twintig verdagtes is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige diensleweringsbetogings in Middelburg in Mpumalanga.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het die polisie geloof vir die stappe wat hulle gedoen het teen diensleweringsbetogings in verskeie dele van die Steve Tshwete- plaaslike munisipaliteit.

Die 28 verdagtes is in hegtenis geneem in verband met betogings wat sedert Woensdag plaasvind. Hulle staan tereg op aanklag van openbare geweld en oortreding van die Rampbestuurwet. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn en nog inhegtenisnemings sal waarskynlik volg.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die departement, het gesê die N4-tolpad en N11-pad in Middelburg is tydelik gesluit deur die betogers. “Verskeie voertuie, insluitend ʼn vragmotor, ʼn bus en ʼn minibus is aan die brand gesteek. Verskeie paaie in en uit omliggende informele nedersettings is versper deur klippe en voorwerpe wat aan die brand gesteek is. Sommige uitlanders se winkels is geplunder.”

Inwoners is glo ontstoke oor die onlangse verhoging in heffings en belasting deur die munisipaliteit.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, en die LUR het Vrydag die gebied besoek. Hulle het inligting ontvang oor die vordering wat die polisie maak om die geweld onder beheer te bring. Shongwe het die sekuriteitsagentskappe geloof dat hulle die situasie dringend onder beheer gebring het. Hy veroordeel die betogings en die vernietiging van eiendom.

Hy is egter tevrede dat ʼn dringende raadsitting belê is om die geskil tussen die munisipaliteit en inwoners op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Blomme ·

Is uitbrand en afbrand die enigste taal om jou misnoeë uit te spreek? Wat ń grap! Lyk die generasie word met vuurhoutjies in die hand gebore… So gaan hulle die land nog AFBRAND…..of is dit nou UITBRAND?

Johanna Hendrina ·

Mense ek verstaan julle pyn wat die mun doen is nie reg nie ons kannie betaal en ly onder die wat korrupsie pleeg nie maar om te plunder te brand en te moor maak niks reg nie dit maak ons armes net armer en ons swaarkry meer kry daardie korruptes en laat hulle betaal hulle kom met moord weg ons regering moet noubregkom en die skuldiges laat boet of gee die leisels vir die Da hulle veg vir ons almal geenrassisme nie

Thom ·

Die enigste party wat doeltreffendheid van bestuur kan bewys .

Hennie ·

Hulle is verantwoordelik vir hulle eie pyn… Ek kan nie meer gelukkig wees nie! Die goed dink mos dis lekker en maklik om net te stem…nou moet hulle gewoond raak aan die gevolge van “My ANC vote”.

Pim die Skim ·

Vir die DA? Het jy jou verstand verloor? VF+ is by ver n beter opsie!

Sarel ·

Wat word van hulle want jy hoor nooit weer vsn enige Hofverskyning nie.

Jr ·

Alles gaan na file 13, wat op vloer 13, kamer dertien, Lathuli house is

Sarel ·

Wat die mense nie verstaan nie, die Regering vzn die dag
Is due mense se keuse…do blameer julle self

Philip ·

Op my dag ongeveer 30 jaar terug het ons die sambokke laat fluit oor die agterente van groot tot klein. Dit is ongelukkig die enigste manier om orde te herstel want die alternatief is wat die tuinkabouter en sy eenders denkend sosialiste voorstaan.

Harley Davidson ·

Dit het nou ‘n politieke korrekte naam gekry ,geweldadige betoging,oortreding van die rampbestuur wet die regte benaming vir hierdie gedrag is terroriste en moet so hanteer word wanneer die terroriste gearesteer en gevonniste word.

Niklaas ·

Dienslewering is vrot in elke 2 de stad of dorp in SA. Dit help nie om dinge te verbrand of af te breek nie. Dink bietjie vooruit en verander die stemkeuse met die volgende verkiesing. Dan is daar reuse kans op verbetering van dienste, want dinge sal nie verbeter nou, inteendeel kan dit dalks nog swakker raak

Jr ·

Ooh ayi jai jai maar die Frankenstein monster wat die cANCer society geskep het is besig om sy skepper te soek om te vernietig saam met die land. Gaan aan, gaan aan. Julle dink julle is slim

Kobus ·

Hoekom betoog hulle teen tariefverhogings? Hulle betaal in elkgeval nie.

Caroline ·

All the kind helpers that rushed in to help after the last looting burning thought it would not happen again but hopefully, they have now learned something as soon as a thing has been fixed it will be destroyed again so the moral of the story is to leave it destroyed

Pim die Skim ·

Dit is jammer dat desperate mense wat hulself heelonder op die voedselketting bevind, (onthou meeste van hulle het matriek met 35% geslaag) so desperaat geword het dat hulle na geweld gryp. Dinge het drasries verval na die uitrede van Fouche. Tenspyte van die chinese virus en die effek wat dit op besighede en werknemers se besteebare inkomste het, het die munispalebestuurder homself ‘n drastiese verhooging toe geeinig. Beurdkrag lei daartoe dat kraggebruik nog minder is. Wat bly oor? Hoër tariewe en allerhande absurds belastings en heffings. Daardie mens wat betoog het is mense wat moet klaarkom met R150 per dag of minder, (onthou indiensneming (unemployment) is hiperhoog). Met die inflasie op kruideniersware, brandstof en taxi fooie, ander uitgawes en belastings en heffings kan mense net nie bekostig om die munisipale bestuurder en sy onbevoegde span se salarisse te betaal nie. Op hierdie staduim is daar net te veel werknemers by die munisipaliteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.