Man vergiftig glo minstens 29 honde

Een van die honde. Foto: Facebook.

“Dit is die grootste vergiftigingsvoorval waarmee ons nóg te doen gehad het.”

Só sê Anette Rademeyer, vrywillige senior inspekteur verbonde aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in King Williamstown in die Oos-Kaap, ná minstens 29 honde vandeesweek vergiftig is.

Volgens Rademeyer het die DBV Maandag ʼn oproep uit Alice in Hillcrest Village gekry van inwoners wat sê hulle honde vrek en het skuim om hul bekke en hulle weet nie wat aangaan nie.

“Dinsdag het 29 honde hier aangekom. Ons moes agt van kant maak en ses was reeds dood. Nog twee is Dinsdagaand dood,” het Rademeyer gesê.

Volgens haar is die honde, almal van verskillende rasse, sover hul wete strek, vergiftig deur ʼn man wie se bees in ʼn strik beland het en toe dood is.

Dit is in dié stadium nog onduidelik of die gemeenskap verantwoordelik was vir die bees se dood of nie.

“Ons inspekteur is vandag op die toneel om verklarings af te neem. Dit lyk asof die man gedink het dis dié gemeenskap se honde en toe vergiftigde vleis vir hulle uitgesit het.”

Een van die honde. Foto: Facebook.

Volgens Rademeyer het die veearts nadoodse ondersoeke op drie van die honde uitgevoer. Daar is stukke rooivleis met klein swart korreltjies in hul derms en pense opgespoor. “Dit is daardie organofosfaat wat in kunsmis gebruik word. Dis strook dus met ons teorie.”

Rademeyer het gesê daar is glo Maandag ʼn klomp honde reeds dood en begrawe deur die gemeenskap en dus kan die DBV nie met sekerheid beraam presies hoeveel honde daar altesaam dood is nie.

“Daar was nou 29 by ons, maar dit kan altesaam tot 40 honde wees.”

Sy het haar kommer uitgespreek oor die voorval. “Wat as ʼn kind miskien van daardie stukke vleis opgetel en geëet het?”

Rademeyer het gesê die DBV lê vandag ʼn klag van dieremishandeling by die polisie teen die bees se eienaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Cherokee ·

Ria, sê vir ons saggies wat het Peet gesê. Sal nie sê jý het vertel nie :-)

Werner ·

Wonder of julle al gesien het hoe daar met die honde onwettig gejag word en hoe n kalf of skaap of wildsbok lyk na hulle met hom klaar is

Casper Labuschagne ·

Vergiftiging van troeteldiere het nou algemeen geword. Ek het in ‘n kompleks gebly waar al die troeteldiere vergif was deur voornemende inbrekers. Teen sonop was die eerste lyke op die grasperk gevind en slegs enkele van die honde asook katte in die kompleks het dit oorleef.

Karolis ·

40 Eienaars se honde loop rond in die strate.
Dit staan so in die wet, (verkort vir doeleinde van die gesprek) dat ‘n hond wat in die straat rondloop, as ‘n ondier beskou word (en dus vankant gemaak kan word).

Stuiwer ·

Karolis, hoe sou jy gevoel het as een van die honde joune was? As ek ‘n hond in ‘n straat sien rondloop, gaan ek hom wragtag nie doodmaak nie (maak nie saak wat die “wet” sê nie). Dis siek! As mense diere mishandel of doodmaak, sal hulle dit ook aan mense doen! Ek hoop hulle vang hierdie person en sluit hom toe.

Carel ·

En as dit uitgehongerde rondloper honde is wat amok saai op boere se plase wat moet die boer doen. Die algehele verval en wetteloosheid en onvermoë van die regering laat mense reg in eie hande neem
Jammer vir die honde maar dink aan die boere ook

Stuiwer ·

As jou bees in ‘n strik beland, waarom ±40 honde vergiftig? Waarom die honde straf? Dis onmenslik en wreed!

dermryger ·

goed so. sulke wreedhede kan nie toegelaat word nie. hulle wil beeste, bokke en varke aanhou wat nie in n kamp loop od in n kraal of stal slaap nie en dan die hele gemeenskap se kreuis wors deurdat hulle elke groen spriet wat hulle sien opvreet! dit is ook wreedheid teenoor diere.

Amelia ·

Ek neem aan dai bees was seker nie waar hy hoort nie. Die goed loop mos in die hoofstrate en gaan in jou erf en vreet al wat voorkom en kyk jou soos n indringer aan as jy hom durf uitjaag.
Tyd dat die beeste en skape en varke wat in ons dorpe rondloop weer aangejaag moet word om geslag te word. Daar is baie leeuplase en naby ons ook n wolweplaas. Vat dan dai vleis na hul.

Stuiwer ·

Net soos die honde nie gevra het om vergiftig te word nie, kan jy ook nie die bees straf deur hom te laat slag nie. Lewe is lewe, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie.

katryntjie ·

Regtig. Vir my die feit van die saak is onskuldige diere is benadeel en doodgemaak. waar is ons harte heen in die land?

Skaam my vir die boere ·

Ja die BOERE Wil jammergekry word oor hulle beeste maar vergiftig ONSKULDIGE Honde wat nie aan sy bees geraak het nie .. so ja .. dit is ongelukkig die SIMPATIE wat hulle dan ook van die bree publiek kry .. Julle vergiftig ons honde, ons voel NIKS vir julle nie!

Skandelik ·

WAT JY SAAI SAL JY MAAI BEESBOER .. Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie . GIF is ‘n verskriklike wrede manier om iemand mee dood te maak .. maar ja .. julle dag kom … En julle almal wat so opkom vir die boer, moet ASSEBLIEF nie honde aanhou vir julle eie veiligheid nie, julle MISBRUIK die arme diere net en die volgende dag word hulle vergiftig of doodgemaak. My simpatie vir my eie mense TAAN aansienlik na die kommentaar hier!

Dierewelsynwerker ·

Ek sal net graag dat die mense wat diere vergiftig daar sit van die eerste oomblik TOT die dier sy laaste asem uitblaas, julle is lafhartig man! diere is diere en diere se natuur is sleg ja ek stem, maar daar is ander metodes en vergiftig is die toppunt van wreedaardigheid. !

hoe sê ·

Julle bevind die boer maklik skuldig weet julle hoe wreed is dit vir ‘n dier om in ‘n strik te vrek dis lank en uitgerek wat laat julle mense dink die boer wat se bees deur die gemeenskap dood gemartel is is verantwoordelik vir die honde wat vrek het julle hom gesien gif uitsit

PJC ·

Honde wat los rondloop hou ń groot gevaar in vir mens en dier. Ek wonder wat sal gebeur indien hierdie rondloperhonde iemand se kind aanval en verskeur.

Tongvis ·

Dan sal daar weer gevra word hoekom het niemand aksie geneem om die honde betyds van kant te maak nie.

WIEBO ·

n Blanke man in Cullinan, 10e straat wat voelhokke op sy erf het, het al die katte in die buurt vergiftig so 2 jaar gelede. Net jammer al die kat eienaars wou daai tyd nie saamstaan dat daar teen die man opgetree kon word nie………………..Sulke mense gaan eendag verantwoording moet doen vir hul dade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.