29 hul poste kwyt toe restaurant sluit

Adam Catzavelos (Foto: Skermgreep uit die video)

Die aksies van die EFF wat Donderdag die Smokehouse and Grill-restaurant in Braamfontein, Johannesburg betree het, het bygedra tot slegte handelstoestande en die restaurant moes sy deure sluit.

Dit het daartoe gelei dat 29 persone hul poste verloor het, het die restaurant Sondag gesê.

Die families wat finansieel deur dié werknemers ondersteun is, se lewens is ook nou in gevaar, as gevolg van die reaksie op rassistiese uitsprake deur Adam Catzavelos, selfs al was hy glad nie betrokke by die bedrywighede van die restaurant nie, het die eienaar van die restaurant en direkteur in ʼn verklaring gesê.

Die EFF het die restaurant op 6 September geteiken, omdat Catzavelos vroeër ʼn minderheidsaandeel in die onderneming gehad het, lui die verklaring. “Die EFF het personeellede gedreig en selfs een bestuurder omring terwyl hulle steakmesse vasgehou het wat hulle van die tafels opgetel het.”

Volgens die eienaar van die restaurant is Catzavelos met onmiddellike effek op 21 Augustus afgedank uit die familieonderneming, “dieselfde dag wat ons van sy uitlatings gehoor het en meer as twee weke voor die EFF besluit het om teen die restaurant op te tree”.

Die maatskappy het op 22 Augustus homself deur ʼn persverklaring publiek gedistansieer van Catzavelos se uitlatings, bevestig dat hy afgedank is en dat hy sy aandelehouding in die familieonderneming en die Smokehouse and Grill-restaurant verloor het. “Die restaurant het vinnig en beslissend opgetree om die kwessie van die rassismeskandaal te bestuur en, om dit te benadruk, is dit meer as twee weke gedoen voor die EFF besluit het om handelsbedrywighede by die restaurant te ontwrig.”

Die eienaar het gesê sake by die restaurant het verlangsaam en die restaurant is teen ʼn onvolhoubare verlies bedryf. “Die dreigemente teen ons personeel en ontwrigting van klante deur die EFF het die beeld van die onderneming verder beskadig, en die restaurant moes gevolglik sy deure sluit.

“Altesaam 29 persone het hul werk verloor, asook die opsie om deel te neem aan ʼn gedeelde aandele-eienaarskaptrust vir die personeel van die 25% wat voorheen aan Adam Catzavelos behoort het, waaroor ons ondersoek ingestel het,” lui die verklaring.

Dit het boonop in ʼn ressessie-omgewing plaasgevind met ʼn werkloosheidskoers van meer as 25% en in ʼn land waar daar meer volwassenes is wat nie werk nie, as wat daar volwassenes is wat ʼn werk het, het die eienaar bygevoeg.

“Dit laat die vraag ontstaan hoe ʼn onderneming bedreig kan word, klaarblyklik sonder om te dink aan die persone wat die meeste hierdeur geraak gaan word en die families wat hulle ondersteun. Ons benadruk ten slotte ons posisie wat betref rassisme en diskriminasie. Die Smokehouse and Grill-restaurant verwerp rassisme en diskriminasie in enige vorm. Dit is belangrik dat daar geen twyfel moet wees in dit waarvoor ons staan en dit waarteen ons gekant is nie.”

Maroela Media het vroeër berig oor ʼn video waartydens Catzavelos die k-woord op ʼn strand in Griekeland gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

IK ·

Indien ‘n persoon se families, vriende, werknemers verantwoordelik gehou gaan word van ‘n misdaad gepleeg deur daardie persoon dan sal selfs die ‘vrome’ EFF nie vryskelding kry. Daardie balk in die oog . . . Ek wonder hoeveel van ons sal skotvry daarvan afkom? Waar eindig die streep wat getrek sal word?

chris ·

Die politiek van die linkses is waansin.
Die eff lede wat onskuldige werknemers met messe gedreig het se oortreding is baie erger as wat Catzevalos gedoen het maar hulle aksies is heeltemal aanvaarbaar die eff.

Ella ·

Die EFF is n klomp boelies en hulle gee niks om vir mense se reg om te werk vir n lewe.
Mob justice in aksie.
Sommige mense in SA het voorwaar mal geword. En al wat Ramaphosa en sy genote doen, is praat en dreig.
Sit daad by die woord en arresteer misdadigers wat EFF lede ook insluit.

Hasie ·

Ek keur rasisme en rasistiese uitsprake 100% af, maar keur die optrede van die eff totaal ook af. Die eff sorg nou dat die restaurant sy deure moet sluit en 29 mense hulle werk verloor. Sulke dinge geniet die eff nou vreeslik baie. Swaai steakmesse rond en treë soos barbare op. Straf die skuldige, los sy vriende en familie uit, hulle is nie aandadig nie.

Hulle doen nou erger ·

EFF doen nou 10x erger as wat die man gedoen het!
Om mense te dryg met messe en mense hul werk te laat verloor.!
Shame on you EFF.

Lollie ·

Indien CR EEN goeie ding in sy lewe wil doen dan moet hy van Malema ontslae raak!
Hierdie land sal ń paradys wees sonder die EFF!!!!

Tobie Klarens ·

Dink jy werklik dat al die probleme te danke is aan die EFF en Zuma? Dit is uiters naief. Meeste van die probleme wat ons vandag sien, het hulle ontstaan reeds 25 jaar gelede. Dit is hoe staatsadministrasie werk of nie werk nie. Zuma en die EFF se nalatenskap wag nog vir ons in die toekoms.

Heinrich ·

Lollie jy is reg dat die land ‘n paradys sonder die EFF sal wees, maar sit ongelukkig die pot mis as jy dink CR of die ANC sal iets aan hulle doen. Die EFF is ‘n produk van die ANC se politieke skool en doen net meer rewolusioner mee aan dit wat die ANC in elk geval wil doen. Selfs die DA onderskryf dieselfde waardes en stelsels as die ANC (rasstellende aksie ens), so die linkse politiek in Suid-Afrika is heeltemal oorverteenwoordig. terwyl daar bitter min is wat balans kan bied teen die vloedgolf linkse denke. Die “amptelike opposisie” is om die westerse beskawing te transformeer met die belofte dat dié proses beter bestuur sal word as wat die huidige regerende party dit kan doen. Geen balans hierin nie! My idee van ‘n paradys sal wees waar beskaafde mense saam woon wat die wet, mekaar, die waarheid en God respekteer.

Hansie Slim ·

Hoe ver gaan mens gaan om “punte score” vir die verkiesing? Hoeveel dubbele standaarde moet mens nog sluk?
Wanneer kom daar ‘n einde aan die rasisme wat deesdae aangaan?
Dit maak mens SIEK!!!

DS ·

Wonder of Malema nou vir daardie families kos op die tafel gaan sit. O nee hy gee nie ‘n bloue duit om nie. Hy sit mos in sy luukse huis en voel vere vir die armes wat dom genoeg is om te glo hy voel iets vir hulle. Hier is julle bewys hy voel niks want glo my die meerderheid van die wat hulle werk verloor het is anderskleuriges en nie wit rassiste nie.

Johanna Botha ·

Weereens eff die eff alles op ! Breek net en bou niks nie !

Pvt ·

Economic Freedom F… nou hoekom gaan die EFF en gaan breek af? EFF is julle nie veronderstel om Economic te bou nie of is EFF daar om SA se Economic Freedom te breek?

Sann ·

Hou maar gerus hierdie mense se briljante redenasievermoeë dop. EFF se volgende reaksie gaan wees om die restaurant eienaars te blameer vir meegevoel met hulle familielid se uitlatings, en dit as rede aanvoer waarom hulle nou die restaurant se deure sluit. Hulle sal as die rassiste uitgekryt word wat nie omgee vir die 29 mense wie hulle werk kwyt is nie, en aandring dat die families vergoed word vir hulle verlies aan inkomste. EFF sal skaamteloos aangaan met hulle vernietigende pad van “blame fixing”, terwyl hulle hulself as die onkreukbare helde voordoen wat ander mense moes “straf vir hul wandade” sonder om een oomblik te erken dat hulle intimidasie die werklike rede is vir die uitkoms van hierdie saak.

Danie ·

Dit is meer as 29 mense wat gaan swaarkry as jy almal tel wat afhanklik is van hulle inkomste is dit maklik 80 en meer. En malema voel vere bly lekker in sandton en eet 5stêr kos elke dag

Antiestabliesment ·

Dink jy daairdie 29 mense weet nie wie die oorsaak is van hul huidige werklose situasie nie? Die cANCer (Accociation of National Criminals) en EFF het sopas 29+ mense se wtem verloor. ‘Hoop ek’

Mielie ·

Mag mens ander mense met messe intimideer? Is dit nie n misdaad nie? Boelies, sal graag wil sien dat daar teen hulle opgetree word.

Willem ·

Ek begin al meer daaraan glo dat mense op aparte eilande moet leef. Hulle kan nou en dan met roeibootjies na naasliggende eilande toe gaan om besigheid te gaan doen, sport te beoefen, ook kan hulle vliegtuie gebruik.

PayBack ·

Terloops, wat hét van die R16 miljoen rand geword wat Julius SARS skuld?
Afgeskryf? Onder die tafel ingevee?

Ellisras ·

Hy en Tom Moyane het natuurlik met Zuma se seën ‘n plan gemaak. Op die Afrika manier

Mossie ·

En jou punt is?! Dit gaan nie nou hier oor die man wat n rassis is nie. Dit gaan oor die 29 mense en hul afhanklikes wat nou as gevolg van die EFF bitter swaar gaan kry. Hulle het NIKS met die rassis uit te waai nie, waarom het EFF hul neuse daar gaan indruk?

Anne ·

En die eff ?? Is hulle nie ook nie? Maar nou ja ons weet mos al teen die tyd hulle kan nie rassisties wees nie ?

Ria ·

Ja Danie Basson, jy is reg…die man is ñ rassis… Maar nou moet onskuldige mense en hulle families daaronder ly. ..Sies EFF…Ria…

Ondersteunet ·

Ek dink die saa gan verder. Die “rasist” was net n andeelhouer in die restaurant. So as baie van ons andeelhouer in n fonds of maskapy kan wees. So omdat een andeelhouer homself skuldig gemaak het word nou die maskapy davor gestraf en almal wat in en met hulle werk? Hoe ver sal dit nog gedryf word darvor hulle besef hulle gedrag reflekt hierdie reaksie.

Avra ·

Ondersteunet: ons betaal almal belasting en Tom en Kie het goed kurrupsie in SARS gepleeg deur onder meer die Gupta BTW betaal wat hul nie toekom. So gaan SARS nou ook toegemaak word? Wil lankal nie meer belasting betaal.

Hoc est bellum ·

Paragraaf 4, 1ste sin, i.v.m. Catzavelos se minderheidsaandeel: Hoe het die Ekonomiese Flater Fiasko toegang tot sulke vertroulike inligting? Wie “verkoop” sulke inligting aan hulle?

Vytjie ·

Wanneer het CR al ooit vir Malema aangepraat oor sy haatspraak en opstokery? Hy moes al lankal hom beet gekry het. En hoekom is die man se foto en nie die EFF se moeilikheidmakers se foto by die berig? Die man is mos reeds afgedank…Sit dié se gesigte op wat loop moeilikheid maak het by die restaurant! What’s good for the goose, should be good for the gander!

Jaco ·

So die minderheidsaandeelhouer is n rassis en 29 mense verloor hul werk. Malema is n rassis en maatskappye ondersteun die EFF finansieel?? Maak nie sin nie. Sasol en meeste groot maatskappy het aandeelhouding wat slegs vir BEE personeel is wat rassisites is. Hoekom word daar niks aan hulle gedoen deur die nie -BEE bevolking.

E ·

Ek neem aan dat 1 dag se swak besigheid nie daartoe kan lei dat ń resturant sy deure sal moet sluit nie. Hoeveel dae is die testurant geteiken?

Ek neem ook aan dat die eienaar die regte besluit geneem het om toe te maak, en dat die sogenaame verlies slegs genoem word om ń maklikke ‘exit’ te ‘bewys’.

Ek neem aan dat die eienaar nie lus het om opgeskeep te sit met hierdie tipe van barbaarse situasies nie.

Ek neem aan die eienaar is beter af in sy tuisland?

Ek neem ook aan dat elke gesin die reg het om te doen wat die beste is vir hul eie finansiële toekoms en gesondheid.

Ek weet verseker dat geen ander persoon jou sal kan dra in ń krisis as jy nie self jou pad vorentoe uitkap en loop nie.

Dis hoe dit is. Elkeen vir homself.

Slim skuif van die eienaar. Hy sal wel suksesvol wees, maar die gemors hier in RSA sal nooit ophou nie.

CdV ·

Sien niks van die insident nl die EFF se dreigmente in restaurant en 29 werkloos op media 24 of ander (veral Engelse) media nie – wonder hoekom?

Siek en sat ·

Siek en sat hoe Malema dink hy kan doen net wat hy wil. Gaan hy nou vir daardie werknemers en hulle gesinne sorg. NEE HY GAAN NIE.

Koos ·

Iets maak nie sin nie. Insident is op 6 Sep en jy maak jou deure permanent toe net 3 dae later omdat daai een insident tot slegte handelstoestande gelei het?

Saartjie ·

Goeie vraag, Koos, ek het ook oor dié skielike swak handelstoestande gewonder. Daar is nie baie resensies op TripAdvisor nie, maar die afgelope jaar se resensies is almal positief.

Antiestabliesment ·

Die swak presatasie van die restaurant het oor die tydperk sedert Castavos se video tot nou gebeur. dit is nie net 3dae se swak besigheid nie. die EFF manewales was net die spyker in die kis.

Realis ·

Wat Adam gesê het is gewoon waar! Skote Petoors vir die waarheid

Dennis ·

Hulle is boelies, dit is gemeen, siek en sat vir Malema, kla, kla, kla, kla dit is wat van ons geword het. Ons het te lank, te lekker geleef dat ons vergeet het hoe om op te tree anders as net kla, kla, kla. Waar is al die grootbekke wat alewig op sosiale media dinge kwytraak soos, hy moes dit met my probeer het? Wanneer gaan die mense begin saamstaan teen die EFF. Almal is altyd vinnig om te praat van aksie, maar die probleem is, niemand is bereid om eerste te bloei nie. Ons blanke Suid Afrikaners het n petetiese nasie geword wat nie meer kan klaarkom sonder al ons luxuries nie.

Ian ·

Die ergste van alles is natuurlik dat die EFF glo dat hulle hier ‘n oorwinning behaal het. Praat van ‘n “phyrric victory”, inderdaad….

Potlood ·

Dankie Joe! if it quacks like a duck… Hulle bewys net elke dag dat hulle wel presies is wat almal dink hulle is… En dit is nie gebind aan kleur nie, maar optrede… ‘n blinde mens sal steeds dieselfde se en dink a.g.v hoe hulle optree… Wonder wanneer gaan hulle dit eendag besef… seker maar waar dat die dwaas nie verby sy eie astrante ooglede kan sien nie.

WitBlits ·

Nou hoeveel van die geagte EFF lede is in gearresteer vir die rig van ‘n wapen, want messe kan ook dood net soos vuurwapens?
O ja, hoe kan ek vergeet, die wet word mos selektief toegepas!

Buks ·

Een van die werknemers is duidelik ‘n ‘n EFF ondersteuner, en het die fluitjie loop blaas. Verdraagsaamheid kom van albei kante af, en as dit te ver gevoer word maak mense hul besighede noodgedwonge toe. Jammer om te hoor.

JIP ·

EN EK IS BLY hy sit nou sonder werk en diegene wat hom ondersteun kan ook maar vir my part nou sonder ‘n werk sit. Cut your nose to spite your face … Adam sal weer in Griekeland ‘n sukses van sy lewe maak.

Phillip ·

Wel hy moes nie sy kop in n mier nes ingesteek het . Hulle gaan maar die pen ry Nieblank is in bewind en wat nieblank sal besliut wat reg is en verkeerd is as ons nie wil leer nie moet ons maar voel hou jou mond toe . ons moet terug gaan skool toe om teleer wat om te plaas op internet en wat nie en wat om te se en wat nie . punt

HPV ·

Dit is waarskynlik juis deur daaglikse optrede soos die van die eff dat Adam die onaanvaarbare rassistiese opmerking gemaak het. Dit het nou in ‘n verloor verloor situasie ontaard! Wie moet ons bedank… die eff en hul meelopers…

Blommie ·

Die man se optrede het absoluut NIKS met die besigheid it te waai nie.
Hy moet persoonlik aanspreeklik gehou word, hierdie besigheid moet die EFF dagvaar vir skade vergoeding. Die man is nie n voltydse werknemer of het nie binne die perseel of in die Maatskappy se verteenwoordigheid sy rassistiese uitlatings gemaak nie. DIE het NIKS met die maayskappy uit te waai nie. As ek julle was het ek die EFF gedagvaar vir skade vergoeding, hulle het geen PUNT om van af te werk nie. Soos gewoonlik hap hulle in die lug rond….

E.K. die eerste ·

Mooi so EFF – jul het weereens bewys wie en wat jul eintlik is. As daardie personeellede net murg in hul pype had kon hul met plakate en gedans voor EFF se kantore tekere gaan en vra dat HULLE nou vir hul werk verskaf. Hoe siek. Hulle is niks anders as ‘n klomp intimiderende boelies nie!

JJ ·

Die man het sy werk verloor, is sy aandele in die restaurant kwyt en die restaurant groep het hulle gedistansieer van sy optrede. Maar die EFF het besluit hulle moet verdere straf toepas soos net hulle mag – deur wetteloos op te tree. Rig van vuurwapens???? moes hulle dan nie toegesluit gewees het nie! Wie gaan dit nou ondersoek en iets daaromtrent doen???

quo vadis ·

JM en sy rooi berets is in beheer van SA lyk dit my. Skrikwekkend.

Stuiwer ·

Nêrens word gesê dat daar teen die EFF opgetree is nie. Hulle het dan messe rondgeswaai. Was daar polisie op die toneel?

christa ·

Mense is tog so kleingeestig. Julius het al hoeveel keer rasisties gewees, maar hy skree die hardste “kruisig hom”

Casper Labuschagne ·

As Catzavelos moord gepleeg het, sou daar nouliks ‘n sanksie teen die eetplek wees. Hier het ons te doen met opsetlike kwaadwillige aanhitsing. Daardie een woord regverdig dus polities georkestreerde wraak teenoor almal en alles wat met Catzavelos verbind word. Die EFF behaal die een revolusionêre oorwinning na die ander, die revolusionêre horde het weereens bloed geproe en soek hul volgende teiken. Enige term of voorval wat moontlik gesien kan word as neerhalend teenoor swart mense, word ‘n wapen vir die radikales om ‘n vlak van rassehaat te skep wat buite verhouding met die oorspronklike oortreding self is.

Die mens besit ‘n beskermingsmeganisme wat deur sy gene bepaal word, waar vreemdelinge gevaar verteenwoordig, veral vreemdelinge wat nie soos die gesin, gemeenskap, stam of nasie voorkom nie. Die linkses se nuwe marxistiese mens moet gevorm word sonder verskille van geslag, klas, seksuele oriëntasie of ras, gevolglik is daar soveel klem op rassisme. Beskuldigings van rassisme is ‘n magtige wapen in die hande van linkses omdat dit oombliklik enige aanspraak van nasionalisme of identiteit kan neutraliseer. Die linkses besit die speelveld van sogenaamde nie rassisme en diegene wat op daardie karretjie spring verleen bloot mag aan ‘n linkse strategie. Die werklike verweer teen rassisme is om ander persone met respek te behandel. Respek is ons magtigste wapen want dit neutraliseer die linkses se speelveld en ontbloot oombliklik die feit dat die linkses self vir niks of niemand met respek behandel nie.

Hannelie ·

Ai die EFF!!! Het iemand asseblief nie regte werk vir hierdie mense nie??? Andre dis baie swak om jou te verlekker……

Wondermaarnet ·

Ek wonder hoeveel swart werkers daar in diens was, want die EFF skerm so vir swart mense en sou seker nie hul eie trawante sonder werk laat sit nie.

Diefie ·

Ons almal weet, die EFF voel niks vir enige een nie. Hulle sal selfs teen mekaar draai en dit gaan beslis gebeur.

Marlize ·

EFF het nou net bewys dat hul eerder mense hul werk sal laat verloor as om werk te skep.
Die enigste een wat agteroor kan sit en die lewe op die ou einde sal kan geniet is Malema terwyl sy ondersteunders sal kripeer van ellende.

dominee ·

Kom ons maak somme:
29x Broodwinners x gemiddelde huishouding van 5 mense.
=145 mense direk beinvloed.
Kom ons se 12 van die mense help hulle ouers onderhou wat
op ander plekke woon
=24 bejaarde mense beinvloed.

29 Mense wat een of ander huur moet betaal waar hulle bly.
= 29 mense beinvloed wat hulle huurinkomste verloor.

15 mense met n gemiddeld van 2 kinders wat nie meer skoolfonds kan betaal nie.

Skole beinvloed wat skoolfonds verloor.

En so kan ons aangaan om die skade van n roekelose dom besluit te bepaal van iemand wat in ons parlement sit en oor ons (swart en wit) land moet besluit.

Besluit maar vir jouself wat gaan oorbly van ons land.

Andycap ·

Casper L. Ons het meer mense wat soos jy dink nodig. Meeste hier kla net en sê dieselfde, (met beste bedoeling gesê). Logiese denke = logiese aksie = beter wereld ens.

Anoniem ·

enige verskoning om amok te maak. Was dit rerig, RERIG nou so verskriklike daad? Hoeveel erger is woorde as die moord op mense; die ontvoering van kinders; die mishandeling van diere?

Pateties. Propagandisties.
Belaglik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.