29 miljoenste besoekers aan Tafelberg

Pearl Shoba en Muzi Sibanyoni (Foto: Luigi Bennett)

’n Paartjie van KwaZulu-Natal is Maandag as Tafelberg se 29 miljoenste besoekers aangewys.

Martin Slabbert, woordvoerder van die Table Mountain Aerial Cableway Company (TMACC), sê in ’n verklaring Pearl Shoba en Muzi Sibanyoni van Durban het hul beurt in ’n ry afgewag om teen die berg op te gaan toe personeellede hulle een kant toe roep.

Hulle is toe aangewys as die berg se 29 miljoenste besoekers en kon met ’n private kabelkar tot bo ry. Hulle het ook ’n bederfmandjie gekry om bo-op Tafelberg te geniet.

Dit is Shoba en Sibanyoni as paartjie se eerste besoek aan die berg.

Dit was ’n besige jaar vir Tafelberg wat in Januarie vanjaar sy 28 miljoenste besoeker ontvang het. Dit is ook Table Mountain Aerial Cableway Company se 90ste jaar in die toerismebedryf.

TMACC bied te midde van die feesseisoen vroeë toegang-kaartjies aan wat besoekers in staat stel om reeds vanaf 07:30 met ’n kabelkar tot bo op die berg te ry. Die beperkte aantal kaartjies is slegs aanlyn te koop en is geldig tot 15 Januarie 2020.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.