29 polisiebeamptes in Gauteng afgedank

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Minstens 29 polisiebeamptes in Gauteng is die afgelope drie maande afgedank oor korrupsie en ander vorms van wangedrag

Lt.genl. Lesetja Mothiba, provinsiale polisiekommissaris, het Donderdag tydens ʼn perskonferensie gesê 93 beamptes van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Gauteng is tydens dieselfde periode in hegtenis geneem vir korrupsie en wangedrag.

“Altesaam 29 beamptes is afgedank as ʼn gevolg van wangedrag en korrupsie, terwyl sewe van die 93 beamptes wat in hegtenis geneem is, steeds in aanhouding is nadat hul aansoek om borgtog afgekeur is,” het Mothiba gesê. “Altesaam 45 lede is sonder betaling geskors en agt is met betaling geskors.”

Mothiba het bygevoeg die stabiliteit van die polisiediens word ondermyn wanneer beamptes betrokke is in misdaad.

“Ek moet dit benadruk dat hierdie dade slegs kan plaasvind wanneer daar twee partye by die korrupsie betrokke is. Ons doen ʼn beroep op gemeenskappe om enige wangedrag of kriminele aktiwiteit aan te meld sodat ons van die vrot appels ontslae kan raak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

yol ·

Dankie tog vir hierdie 29, maar hoeveel ander is daar nog waarvan hulle nie weet nie. Sjoe, dat ons eie polisie mens onveilig laat voel!

George ·

Dit is wat gebeur as polisiebeamptes links en regs aangestel word om die sogenaamde demografie reg te kry. Die uiteinde is meer kaf as korrels. Behoede ons tog!!!

Jacques ·

Paar jaar gelede, het n vriendin van my polisie manne geken en hulle het baie gespog oor hoe hulle die gesteelde motors se speakers en radio’s verkoop wat hulle opspoor, mense met dwelms vang, vat hulle altyd die helfde en verkoop dit. Hulle moes dit doen want die SAP het baie min betaal, hulle rede. Korupsie is orals.

Hansie ·

Ek kan nie glo hul skors mense met betaling nie. Dis die lekkerste job op aarde, by die huis met betaling!! Party gaan so vir jare aan!!!

Winston ·

Hansie. Dis juis die idee. Dis werkskepping sonder werk. Enigste verskil is dat jy op die betaal rol bly. Maklik. Die probleem is objektiewe keuring van polisie beamptes voor aanstelling. Hang af hoeveel familie lede jy reeds daar het. Dit verseker jou pos.

nico ·

Die groot en hoe koppe in polisie moet ook die selfde kam geskeer word geskors sonder betaling nie goue handrukke gegee word nie as hulle moeilikheid maak nie

Corrie Steyn ·

Nou is daar nog 29 skelms los gelaat,hulle gaan definitief nie stil sit en niks doen nie, sulke mense moet summier toe gesluit eord sonder enige opsies.

Debs ·

hulle moet meer sif en die syfer sal vir 3 dubbel indien nie meer nie …. ok maar lank gevat …. maar dis goed dat die publiek betrokke is !!!!

Yvonne ·

Ag dis tog so heerlik om bietjie te hoor dat daar gesif word ook tussen polisie beamptes. n Mens is so bekommerd as die gereg ook krimineel is, want wie moet ons beskerm in ons land dan ? Dit help nie die gereg is dan ook korup, dis juis hul wat korupsie moet bekamp ! Ai dis nou darem weer n lig wat mens kan sien aan die anderkant van die donker tonnel wat ons vir n lang tyd moes stap….Dankie tog!

Theresa ·

Ek kan net dink waarmee hulle hulself nou mee gaan besig hou…………….??!!

Eddie ·

Great dit is hoog tyd dat die wurms uit die appel gehaal word. Dit is net jammer dat van hierdie wurms die hele sak kan bederf. Ek glo daar is n paar wat nog trots in hul werk het maar kan nie so se vir die meerderheid nie. Soos jy se Corrie daar is nou nog 29 skelms op straat want al wat hulle ken is om te steel. Ek meen hulle het dit al klaar gedoen terwyl hulle in die polisie was wat gaan hulle nou keer. Aan al die wat nog daai trots het hou dit so en moet nie dat ander julle saam in die sak met die wurms gooi nie.

Akram ·

genugtig, dis erg. ek glo in die verlede was sulke mense sumier geskors. dit maak mens bekommerd. ek wonder net hoeveel “anonieme bronne” is nog anoniem? hoe betroubaar is die inligting rakende misdaad deesdae? die probleem is dat nou word alle polisie beamptes oor die selfde kam geskeer, wat verkeerd is. daar is nog hardwerkende lede. dit is n goeie ding om skoon te maak, maar dit moet deur die hele mag gedoen word. alle range moet die selfde ondersoek kry. maar dan sit mens weer met n probleem van wie is oor om die werk te doen?

Pieter V. ·

Nie enige persoon is `n polisieman of vrou nie,jy is `n polisie man of vrou gebore en dit is jou passie.Wat ons nou hier het is werkskepping,en ja ons hoord ons nie te bekommer oor wie die werk gaan doen nie , daar sal baie minder werk vir die polisie wees as al die korruptes in hegtenis geneem is, ek glo daar is nog wat nie korrup is nie wat `n passie het vir hul werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.