29 vrygelaat ná geweld by Riebeek-Kasteel

‘n Voertuig wat in Riebeek-Kasteel, die klein plattelandse dorpie in die Wes-Kaap, omgegooi is. Foto: Verskaf.

Altesaam 29 mense wat in hegtenis geneem is in verband met onluste by Riebeek-Kasteel in die Wes-Kaap, is vrygelaat.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Wes-Kaapse nasionale vervolgingsgesag, het gesê altesaam 37 mense is in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings Sondag in dié plattelandse dorpie uitgebreek het.

“Slegs agt van die 37 mense het Dinsdag in die Malmesbury-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld. Die ander 29 is vrygelaat weens ʼn gebrek aan bewyse,” het Ntabazalila gesê.

Die agt verdagtes is steeds in aanhouding en moet weer Vrydag in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig sowat 300 mense het Sondag en Maandag die strate ingevaar om oor dienslewering te betoog. Die betogers het onder meer by ʼn plaaslike wynmakery ingebreek en ook ʼn voertuig omgegooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rupert Ashford ·

So…is die munisipaliteit en die wynplek dan in dieselfde gebou?

Gelykheid ·

Waarom moet mense plunder, brand en breek wanneer hulle ontevrede is oor iets? En die ergste is, dit wat geplunder, gebrand en gebreek word, het gewoonlik niks te doen met hulle ongelukkigheid nie. Watse voorbeeld stel hulle vir hulle kinders? Voordat ons geagte President Ramaphosa nie ingryp en hierdie goed begin vasvat nie, gaan dit net erger word. Dan gaan daar later niks van hierdie pragtige land van ons oor wees nie!

Adri ·

Jou geagte president sal nie ingryp nie, want dit is alles deel van ‘n beplande rewolusie wat tot anargie sal lei wat op sy beurt sal uitloop op burgeroorlog. Dit is maar die normale proses wat plaasvind wanneer ‘n kommunistiese regering oorneem.

Hanna Hoekom ·

En nou gaan mense seker verbaas staan sodra die soveelste episode van geweldadige protesoptrede uitbreek… Wel, daar is nou nie juis ernstige gevolge vir hierdie geweldenaars (behalwe gratis bed en etes) nie! Go figure.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.