3 000 Mpumalanga-skoliere swanger in 2014

Argieffoto

Argieffoto

Meer as 3 000 leerlinge het verlede jaar in Mpumalanga swanger geraak.

Die provinsiale onderwysdepartement het bevestig dat ʼn rekordgetal van 3 196 skoolmeisies in 2014 swanger geraak het. Gerald Sambo, provinsiale woordvoerder, het ook bevestig dat vyf onderwysers afgedank is weens seksuele misdrywe teen leerlinge.

Sambo het gesê dat die departement wel deur die jaar veldtogte teen tienerswangerskap van stapel stuur, maar dat meer ondersteuning uit die gemeenskap nodig is. “Die veldtogte het wel resultate, maar hierdie uitdagings verg sterk samewerking met gemeenskappe, omdat die meeste van die seksuele praktyk in die gemeenskappe plaasvind. Ons wil graag leerdlinge aanmoedig om seksuele aktiwiteite te vermy en eerder op hul studies te fokus sodat hulle kan matrikuleer voordat hulle moeders word,” het hy gesê.

Volgens Sambo het die departement verskeie programme in skole om tienerswangerskap teen te werk, insluitend ʼn program waarin verpleegsters skole besoek om voorkomingsmetodes en seksuele reproduktiewe gesondheid met die leerlinge te bespreek.

Portia Adams, provinsiale woordvoerder vir die Demokratiese Alliansie (DA), het gesê Mpumalanga is een van provinsies met die hoogste voorkoms van swangerskappe onder hoërskoolmeisies. Volgens haar is daar selfs laerskoolmeisies wat swanger raak.

Adams het gesê dat die DA die LUR vir onderwys, Reginah Mhaule, sal versoek om ʼn gedetailleerde plan om tienerswangerskap te ontmoedig, ter tafel te lê.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

scalla ·

Dit sal nie stop of verminder nie aangesien hul toelaes kry om dit te doen,
hoekom verwyder julle my kommentaar as ek dit reguit se.

Jan ·

Ons sal seker een van die dae moet betaal vir ‘n moedersbond en babakamer vir elke skool. Lyk my seksopvoeding is nie ‘n eksamen vak nie, net prakties !

Peet Schabort ·

Hoe’t ouma nou weer gesê?
Vroeg ryp, vroeg vrot . . .
Nou word net verpleegsters gestuur om die inligting oor te dra. Magtag, neem ‘n paar van die wat oor die tou getrap het sodat húlle kan vertel wat die gevolge is. Daardie ‘eers doen dan dink’ wat ALTYD negatiewe gevolge het. Ek glo ook dat hulle by die huis kom en sê” Moenie worry, ek is net ‘n klein bietjie swanger”.
Ook staan in die berig ” . . . omdat die meeste v/d seksuele praktyk in die gemeenskappe plaasvind”.
Waar gebeur die res, by die skool, of hoe?
Eish!!!!!

Francis Linstrom ·

Solank hulle betaal word om swanger te word sal dit nie ophou nie. Ander onderwerp. Ek het verlede week foto’s geplaas van hoe dit lyk waar straatveers le en slaap tydens werksure, maar dit het net so vinnig verdwyn. Die wat per ongeluk saam met my kleonkinders geplaas is, is nie afgehaal nie, maar niemand het geweet waaroor dit gaan nie.

Danielle ·

Godsdiens, wat morele waardes ondersteun, word uit skole verban en dan is almal stomverbaas oor die gevolge. Die vyand lag vir ons.

Leeutjie ·

Ek het lankal gese laat hulle in ‘n laaaang ry staan en voer elkeen ‘n ou pilletjie…maar niemand luister mos na my nie. Maak oop en se AAAAAA! Kom dan more terug vir BBBBBBB!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.