‘3 Augustus is Suid-Afrika se referendum’

Argieffoto

Argieffoto

Die munisipale verkiesing op 3 Augustus sal dien as ʼn “referendum” vir die rigting waarin Suid-Afrika moet gaan.

John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, het Maandagaand, tydens ʼn partybyeenkoms in Pietermaritzburg, ʼn beroep op partylede gedoen om hul kruisies te trek op stemdag. “Leen vir ons julle hande, harte en meestal jul stemme,” het hy onder luide toejuiging gesê.

Hy het uitgevaar teen die ANC-beheerde Msunduzi-munisipaliteit en gesê Pietermaritzburg het “onooglik” geword, met vullis wat in sommige gevalle vir dae lank nie afgehaal word nie.

Volgens Steenhuisen is Mergan Chetty, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Msunduzi-munisipaliteit, die ideale kandidaat om die KwaZulu-Natalse hoofstad na ʼn hoër vlak te neem. “Wat ons gesien het, is die eindresultaat van die ANC se kaderontplooiing van individue wat nie geskik is vir die posisies nie,” het Steenhuisen gesê.

Hy het bygevoeg die DA teiken sekere munisipaliteite vir ʼn “oorname”, asook om die ANC se meerderheid in die hele Suid-Afrika te laat afneem.

Chetty het die ANC daarvan beskuldig dat hy die toekenning van tenders aan diegene met politieke bande hoër ag as dienslewering. Hy het gesê daar sal radikale verandering wees as die DA aan bewind sou kom.

Chetty het gesê ongekwalifiseerde personeellede sal deur bevoegde individue vervang word en die Msunduzi-munisipaliteit is beskadig deur faksies binne die ANC. “Waar het jy drie stadsbestuurders in ʼn tydperk van ses maande gesien?” het hy gevra.

Dit was ʼn verwysing na die veranderinge wat plaasgevind het vandat Mxolisi Nkosi as stadsbestuurder geskors is, te midde van bewerings van wanadministrasie. Sedertdien het Boniwe Zulu, dr. Ray Ngcobo en nou Dumisani Hadebe die posisie van stadsbestuurder beklee, wat volgens Chetty gelei het tot onstabiliteit.

Steenhuisen het gesê die DA is nie bekommerd oor ander opposisiepartye in die komende verkiesing nie, omdat nie een van hulle ʼn rekord van regering het soos sy party in Kaapstad en die res van die Wes-Kaap nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

JC ·

DA bo! (as amptelike opposisie party) an alle ander minderheidspartye!

Wat-ek-lees ·

Politiek in plaaslike regering is een van die verkeerdste dinge moontlik. Daar behoort gestem te word oor wat die persoon vir die gemeenskap kan beteken ongeag van kleur, kerk, politieke party ens. Natuurlik sal dit nie so gebeur en met stemtyd in vergaderings sal hy/sy moet stem volgens wat sy party dikteer en nie wat sy/haar gesonde verstand sê.

Maria van Dieweeck ·

Glo my, enige party sal hier verwelkom word na ANC hier deur is! Die MOOISTE geboue en monumente ens, maar die hande is lam.

Daar was omtrent twee maande gelede n oudit gedoen waarvan die uiteinde was dat rekenaars gekonfiskeer is weens bedrog. Niks verder gehoor nie.

Duisende rande se rekenings word “eweskielik gehef en vir wittes is dit maar die wet van Transvaal terwyl swartes se skuld ‘vergewe’ word!!

Lida ·

Ek se weer die DA is die enigste een nou die ANC kan lig asb mense word wakker!

vermeende ·

Lida jy en JC is vandag se wenner van n mooi blou telraam.
Met 21% steun in die vorige verkiesing, hoe de hel gaan julle die ANC lig????

Jcwf ·

Dit sal reeds ‘n ander Suid-Afrika wees indien die ANC onder die 50% grens gedruk word of indien die groot metros soos PE en die Gauteng nie meer deur die ANC beheers word nie. Dit sou beteken dat SA nie langer ‘n de facto eenpartystaat is nie. Demokrasie werk nie goed onder dié omstandighede nie. Jy kan vandag reeds sien dat ‘n werf soos die Sowetan nie langer net die ANC se verhaal vertel nie, maar ook die DA s’n, die EFF s’n of selfs die UDM s’n. Dit bedreig die magsmonopolie van die ANC. Hulle het gedink dat hulle kan doen wat hulle wil, Nou is hulle nie meer so seker daaroor nie.

Frik Lotz ·

Die DA voel vere vir minderheidsgroepe en is niks anders as n ANC-lite nie. Die enigste party wat veg vir die regte van Afrikaners en ander minderhede is die VF Plus en daarom moet daar vir dié party gestem word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.