3 beseer toe brand in gebou uitbreek

Die gebou in Bartleweg. Foto: Verskaf

Drie mense is Saterdagoggend beseer toe ʼn brand by ʼn gebou met woonstelle en winkels in Durban uitgebreek het.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê die brand het by ʼn gebou in Bartleweg, naby Fennis Cowles-straat, in Umbilo uitgebreek.

“Teen 08:50 het paramedici van Rescue Care saam met die stad se brandweer by die toneel opgedaag en gedeeltes van die gebou in ligte laaie aangetref. Brandbestryders het vinnig gewerk om die brand onder beheer te bring,” het Jamieson gesê.

Volgens Jamieson is drie inwoners tydens die voorval beseer. Hulle is op die toneel vir geringe beserings behandel.

Die pad moes vir verkeer gesluit word om die nooddienste geleentheid te gun om hul werk te verrig.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en word deur die polisie en brandweer ondersoek.

Die gebou in Bartleweg. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.