3 dood, 1 beseer in vroegoggend-botsing

Een van die wrakke op die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Drie mense is dood en een ernstig beseer nadat twee voertuie vanoggend reg van voor op die N4 buite Rustenburg in Noordwes gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is kort ná 06:00 na die toneel ontbied waar hulle die wrakke van twee motors aangetref het.

Volgens Vermaak het twee bejaarde mans noodlottige beserings in die een voertuig opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Een van die wrakke op die ongelukstoneel. (Foto: Verskaf)

Die bestuurder van die ander voertuig is ook op die toneel dood terwyl ’n vrou met ernstige beserings op die agtersitplek van dié voertuig aangetref is.

Die vrou is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ’n hospitaal gehaas is, het Vermaak gesê.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie duidelik nie. Die toepaslike owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

leser ·

ai, ai, ai, alweer reg van voor, en dit op ‘n dubbely ryvlak van ‘n hoofweg
wat maak die mense ???????
met die sien van die een wrak, was spoed ook ‘n faktor

Gemaskerde Sopbeen ·

Nuusagentskappe moet begin om ook foto’s van die pad te publiseer, en nie net foto’s van die voertuie nie…..dan sal mense begin sien hoeveel kop aan kop ongelukke gebeur daar waar’n soliede middellyn is. Baie jare gelede is bestuurders beboet vir ELKE wiel oor ‘n soliede wit lyn……vandag se dae weet NIEMAND hoekom daardie wit lyn daar geverf is nie!!

Coen ·

Ek stem 100% saam dat party pad gebruikers geen benul het van ‘n solide sperstreep of dubbel lyne nie…Soo ek wonder maar net partykeer of die bestuurders wat sooo oor sperstrepe jaag ooit rybewyse het…Dit laat mens wonder.

Wielspore ·

Ons het al daardie pad gery, baie mooi pad, nie al die pad gebruikers weet hoe om ‘n dubbel pad te gebruik. Verwys na die noodlottige ongeluk toe een van DJ Ossewa se sangers verongeluk het nadat ‘n padgebruiker dwars oor die snelweg en voor ‘n ander ingery het. Dit nadat hy sy afrit mis gery het.

JohanR ·

Ai! n’ Motor ongeluk is nooit ‘n mooi gesig nie. Binne in daai kas gaan mense dood, of kry baie seer of ly ellende vir jare na die tyd.

humor ·

Ja, dit bly maar grusaam en byna sinoniem aan die dood en lewenslange lyding weens beserings en dan ook aan rou en smart deur dierbares wat agterbly. Ons hier in Namibie ontwikkel al n vrees om SA te besoek. Ook weens misdaad op die paaie. Ek gee nie voor dat genoemde in Namibie uitgesluit is nie.

Susan ·

Die ergste is om die oorledene te identifiseer. Jy vergeet nooit daardie verminkte liggaam wat op dai guerny in die lykhuis lê nie… Ek moes my kindjie so uitken – geen woorde vir dit nie

Cherokee ·

Susan…. en nou weet ek nie wat om te sê nie. Dit vat aan ‘n mens se innerlike om te hoor wat jy sê. Daar ìs egter ‘n geweldige groot troos.. julle sal weer ontmoet.

Spikkels ·

Dit is die seerste seer moes my man en seun so gaan uitken na hul ongeluk daai sal tot die dag wat ek my kop neerlê by my bly. Dit was so onmenslik so met disrespek. Hul verminkte liggame was op die vloer langs mekaar en nog in die body bags hul liggame nie eers op ‘n tafel geplaas vir uitkenning nie.

Thomas ·

Kan nie eers begin om myself dit in te dink nie Susan… Baie jammer.

Johann van Cullinan ·

Moegheid kan ñ faktor gewees het. Ek het ñ paar jaar terug op dieselfde plek aan die slaap geraak vir omtrent 5 sekondes. toe ek my oë weer oopmaak was ek in die aankomende baan. Gelukkig was daar nie op daardie stadium ñ aankomende voertuig nie.

AME ·

Daar is tans ñ tendens waar ñ voertuig aspris stadig ry sodat hy verbygegaan moet word. Sodra jy langs hom kom versnel hy sodat jy nie kan verby kom nie. As jy weer stadiger ry om agter hom in te ry omdat daar verkeer van voor af kom, dan ry hy ook stadiger sodat jy in die aankomende verkeer se pad bly. Dit het met iemand wat ek ken gebeur, maar sy kon gelukkig ongedeerd daarvan af kom. Ongelukkig sal mens nie weet of dit die geval was as die bestuurders oorlede is nie.

Stiks ·

Gaan sit n slag stil langs daardie pad en kyk self hoe onverskillig die mense ry. Dit is skrikwekkend

Saint ·

Kom by mense
Daar bestaan n boek vol padregjulasies wat ten doel het om paaie veilig te maak.
Oorteding van die regulasies veroorsaak voertuig botsings soomsmet noodlottige gevolge.
Dan was dit NIE n ongeluk nie want een of. meer padgebruikers het die padreëls verontagsaam.
Daar is drie kategorië beperkings op gebruik van openbare paaie
1) Persoonlike vermoeë
Gebrekkige opleiding en navolging van padreëls
2)Swak padoppervlak weens nalatige in standhouding of swak oorspronklike ontwerp of moontlike water of mlodder wat ryvlak glad laat.
3)Vloertuig vermoeë
Voertuie word ontwerp vir n sekere vermoeë in terme van beheerbaarheid sou dit wees teen snelheid van 80, 100, 120, 180kph of aansienlik hoër snelhede (soms totaal buite die vermoeë van die besondere bestuurder.)
Nie alle bestuurders is persoonlik in staat om vinniger as 120 kph te ry nie, maar dan probeer hulle tog voertuie te bestuur teen 180 – 200 kph. Dit stuur dan gewoonlik af op n ramp.

Mel ·

Die mense ry baie onverskillig op daai pad. Hul overtake al kom daar karre van voor en verwag dat die een van voor maar net geel lyn toe moet skuif. En spoed op daai pad speel n groot rol.

Johan Pretorius ·

In die nuwe Suid Afrika word witlyne as iets uit die apartheids dae beskou. Dit is die rede hoekom daar so baie ongelukke is en daar geen orde op ons paaie is nie.

Suidkus ·

Hier by ons is dit die geliefkoosde oortreding! Seker oor die sperstrepe wit is? Miskien kan dit na geel verander word om ons veiliger op die pad te hou!

Bekommerd ·

Daar is baie redes vir ongelukke maar een wat nou se dae n baie groot rol speel is selfone. Al agtergekom hoe baie mense om jou praat op hul fone terwyl hulle bestuur?

Marinda ·

Asook Arend Keulder & sy broer Joubert Keulder. Mnr Arend Keulder was ‘n voormalige Hoof & kollega van my by Korrektiewe Dienste Witbank. Hy & sy broer Joubert was in die ander voertuig. Mag hulle siele ook in vrede rus.

broos ·

Ons ken die 2 bejaardes en Joubert het nooit ooit te vinnig gery nie. Volgens wat ons gehoor het was dr Thando laat vir n begrafnis en het die drywer overtake sonder om te kyk….families nou sonder n man, n pa, n oupa en dit oor nalatigheid

Eunice ·

Meeste bestuurders… is uiters onverskillig, onbeskof op geweldige hoë spoed op daai pad,dis werklik skokkend!
Bykans nog élke keer, wat ons Botswana toe ry,op ñ motorongeluk afgekom, op dié pad

Sarel ·

Die twee mans, is broers. Modise se Bestuurder was eenvoudig roekeloos.

INA ·

Daar word na die oorlede vrou verwys as: Dr Thandi Ndlovu, Dr Thando, en ook Dr Thandi Modise… DIT kan uiters verwarrend wees!!! Wát is nou haar regte naam???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.