3 dood, 2 beseer in Doonside-‘bloedbad’

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

Drie mense is dood en twee beseer tydens ʼn skietery Maandagoggend by ʼn woonstelblok in Doonside, suid van Amanzimtoti in KwaZulu-Natal.

Maj. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 07:20 in ʼn woonstel in Beachweg plaasgevind.

“ʼn Man het sy vrou en drie ander mense geskiet. Twee is dood en twee beseer. Die man het daarna selfmoord gepleeg,” het Zwane gesê. Paramedici van ER24 en Netcare 911 is na die toneel ontbied.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die toneel as ʼn bloedbad beskryf. “ʼn Man wat in die woonstel gebly het, het sy vrou doodgeskiet en sy swaer lig gewond. Die opsigter van die woonstelblok is ook doodgeskiet en sy dogter is kritiek gewond voordat die man homself geskiet het,” het Botha aan Maroela Media gesê.

“Die vrou en die opsigter was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die vermeende skieter het nog gelewe. Albei spanne het sowat ʼn uur tevergeefs probeer om sy lewe te red. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die opsigter se dogter is in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas. Die swaer is skrams gewond. Hy is op die toneel behandel en het hospitaalopname geweier.

Die polisie ondersoek twee sake van moord en twee van poging tot moord. ʼn Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen. Die mense se onderskeie ouderdomme was nie dadelik beskikbaar nie, maar volgens Botha is almal volwassenes.

Die oorsaak van die skietery word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gesiggie ·

Dit klink soos Cowboy en crooks ? wat gaan aan met die mense”’ hoe kan n persoon net bigin losbrand en skiet” dit klink soo n Familie twis”’ en toe moes die arm opsigter en haar dogter ook betrokke raak… ek kan net dink wat se bloedbad dit moes wees”’ Dit is jammer dat ander se lewens deur hierdie man geneem moes word, en dat hy self sy eie lewe geneem het, so wie kan nou boet vir die wrede dade”’ mag die dogter gou herstel, en nogal snaaks hoekom het die swaer hospitaal opname geweier”’ wat het hier gebeur”’ wie sal nou die waarheid vertel”’

Gesiggie ·

DPJ Stem saam, dit is net so tragies, dat soveel lewens geneem moet word” Ja Bid is die enigste oplossing. Ek gun so iets vir geen een. Wonder sal nie help”

Boetman ·

Die swaer het seker al ‘n paadjie met Netcare geloop is die dat hy hospitaal behandeling geweier het …..

mattewis ·

Die swaer was net in die skouer geskiet. As hy nog daar rond geloop het kon dit glad nie ernstig wees nie. Die paramedics het na hom om gesien.

steven ·

As mens kyk na waar die wereld heen gan, hoe erg moet ‘n mens se lewe wees dat jy kan dink dis reg om net so te begin skiet…ek bid vir almal daar buite wat dit moet deurgan of ‘n slag offer van enige ander tipe geweld moet wees….ons lewe in donker tye mense en ons moet saamstaan….die rede hoekom ons land ook is waar hy is, is nie agv mense wat korrup in bestuur is alleen nie, of omdat rassisme omgekeerd aan die aard van die dag is nie, of omdat kinder molesteerders en plaas aanvallers en renosterstropers nog daar buite rondloop nie, maar eerder omdat ons dit toelaat deur nie genoeg om te gee vir ons naaste nie en omdat ons ook nie kan saamstaan of stem oor enige iets nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.