3 dood, 2 beseer in gru-ongeluk

Die gru-ongelukstoneel op die R101 tussen Polokwane en Mokopane. (Foto: Departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo)

Drie mense is dood en twee ander beseer toe ’n vragmotor en minibustaxi Sondagoggend op die R101 tussen Polokwane en Mokopane in Limpopo gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê paramedici het net ná 07:00 met hul aankoms op die toneel wrakstukke verspreid oor die hoofweg en die voertuie se wrakke meters van mekaar aangetref.

’n Beseerde vrou en kind was in dié stadium in die wrak van die taxi vasgekeer.

Vermaak sê die kind is vanuit die wrak bevry en vir matige beserings behandel. Die vrou het egter kritieke beserings in die botsing opgedoen. Sy is vanuit die wrak bevry en op lewensondersteuning geplaas voordat albei na die provinsiale hospitaal in Polokwane vervoer is.

Twee mense is met noodlottige beserings in die taxi aangetref en dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor is ook noodlottig beseer in die voorval.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie in dié stadium duidelik nie.

(Foto: Departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo)

Nóg ’n mens is vanoggend dood en vier ander beseer toe ’n bakkie die N12 tussen Sundra en Delmas in Mpumalanga verlaat en by ’n wal af neergestort het. Die bakkie het onder ’n brug onder die hoofweg tot stilstand gekom.

Vermaak sê paramedici is kort voor 07:00 na die toneel ontbied. ’n Man is in die voorval noodlottig beseer.

Twee mans en twee vroue het verskeie beserings opgedoen. Die pasiënte is op die toneel behandel en later na die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas vervoer vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Roedolf Johannes ·

Weereens onbevoegde Taxi bestuuders met gekoopte lisensie,Sodra Metro die bedrog en omkopery stop sal dit dalk n bietjie beter gaan.

Duck ·

Dit raak nou weer Paas Naweek en die manne gaan na die kerk toe daar in die Noorde by Polokwane.
Elke jaar eis dit lewens, ek glo en vertrou dat dit die jaar tot minder lewens verliese gaan lei.

JohanR ·

Dit kan rerig nie lekker wees om by soe toneel aan te kom, en dan te doen wat moet gedoen word. Die oe vergeet nooit wat jy sien nie. Maar dit is die probleem met taxi dat hulle gee nie om wat hulle veroorsaak. As die bestuurder ‘n ongeluk oorleef klim hy maar net in die volgende taxi van die taxi baas en jaag voort. Jy kan nie op en af jaag Kaapstad-Transkei sonder slaap. Ek het al ‘n paar maal toe ek jonk was Kaapstad-Johannesburg gedoen en ‘n paar “micro-sleeps” gehad. Nie lekker om nie te weet wat in die laaste 20 sekondes gebeur het nie, en daai kar van jou jaag aan teen 120km.

Adri ·

by ‘n wal af neergestort?? Sjoe, maar hy het omtrént ver geval! ☺☺☺

annie ·

Hoeveel taxi’s is daagliks op ons paaie? Dit moet mijoene wees. Waarheen is ons swartbevolking gedurigdeur oppad? Dit moet miljarde rande per jaar opslurp en ons begraafplase en begrafnisondernemers is die sad wenners in diè reisverhaal.

Maggies ·

Alweer taxi. En dannklink die bakkie storie ook na ‘n oorlaaide voertuig. Ai wanneer gaan die mense leer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.