3 dood, 30 beseer in KZN-ongeluk

Foto: ER24PMB, Twitter

Foto: ER24PMB, Twitter

Drie persone is Sondagoggend omstreeks 06:00 dood en minstens 30 beseer in ʼn ongeluk op die N3 naby Hilton in KwaZulu-Natal.

“Volgens berigte op die toneel het ʼn enkelkajuitbakkie die pad verlaat en 100 meter verder teen ʼn boom tot stilstand gekom,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Ses mense was in die voertuig vasgekeer toe paramedici by die toneel opgedaag het.”

Drie persone in die kajuit het aan hul beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar. Nog drie persone het kritieke beserings opgedoen. Nog 24 persone het geringe tot ernstige beserings opgedoen.

Die brandweer moes meganiese toerusting gebruik om drie persone uit die wrak te bevry.

Van die persone het glo agterop die bakkie gesit en daar was ook glo persone op ‘n sleepwa.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

fiki ·

sterkte aan almal…. maar om meer as dertig mense so te vervoer is om die noodlot uitedaag.

Gert ·

6 mense voor , so 24 moes agter gesit het , Die pad reel van over loading was oor tree .

Se Net ·

Ek dink dit is die werker van die nuwe hospitaal wat daar gebou word. Dit sal nogal intersant wees om te hoor watse konstruksie maatskapye daar betrokke is wat hulle werker so vervoer. Ek sal baie verbaas wees as dit nie die geval hier is nie…

Eduard ·

Dis moeilik omte glo dat soveel mense op a bakie kan kom .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.