3 dood, 5 beseer tydens Meyerton-ongeluk

Foto: ER24

Drie persone is Saterdagmiddag dood en vyf beseer nadat twee voertuie op die R551 in Meyerton in Gauteng gebots het.

“Brand- en reddingsdiens was reeds besig om van die vasgekeerde persone uit die wrakke te verwyder toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê.

Drie persone is op die toneel dood verklaar en vyf ander het van matige tot ernstige beserings opgedoen.

“Een pasiënt was in ʼn ernstige toestand en is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem. Die res van die pasiënte is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere mediese behandeling.”

Die omstandighede rondom die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede was op die toneel en stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hendrik van George ·

Laat ek raai – drank, spoed en geen wetstoepassing nie!

Ronnie ·

Oe, Hendrik, die morele polisie gaan jou braai oor jou opmerking. “Was jy daar?”, “moenie so gou oordeel nie”, “daar is mense dood” en en en.
Ek neig om saam jou te stem.

Hendrik ·

na wat ek veroggend gesien het op die paaie kan ‘n mens enige iets glo. Ons as motoriste soek verkeerspolisie wat saam ons op die paaie ry om al die algehele roekelose bestuurder uit te haal. Ons het vanoggend 4 tot 5 bestuurders gesien wat net mal gaan op die pad en dit was nie taxi’s nie. Ons is al gewoond aan die taxis. Interresant is dat die groot oortredes vanoggend ‘n paar VW polos was en ‘n Bantam bakkie.

Se net ·

Kop-aan-kop beteken net een ding iemand het natuurlik nie gekyk toe hy ‘n voertuig verbysteek nie en natuurlik die aankomende voertuig se spoed onverskat. Elke dag kry ek dieselfde op die pad “spoedvrate” dan moet onskuldige en wetsgehoorsame bestuurders met hul lewe boet. Dink voor jy bestuur!!!!

Jakes ·

As julle nie die feite ken moenie kom slim wees,vat n vet raai wie is verantwoordelik.julle sal nie so oordeel as dit iemand is wat julle ken nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.