3 dood in botsing aan KZN-Suidkus

Die ongelukstoneel op die R61 by Southbroom. (Foto: Netcare911)

Drie mense, onder wie twee jong kinders, is dood en 17 ander beseer toe twee minibustaxi’s Vrydag aan die KwaZulu-Natalse Suidkus gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is vanoggend na die ongelukstoneel op die R61 by Southbroom ontbied.

Drie mense is noodlottig in die botsing beseer, vier is ernstig beseer, terwyl 13 ander ligte beserings opgedoen het.

Een van die pasiënte is per lugambulans na ’n hospitaal gevlieg terwyl die ander op die toneel behandel en na hospitale vervoer is.

Die polisie, verkeerspolisie en brandweer was ook op die toneel.

Die ongelukstoneel op die R61 by Southbroom. (Foto: Netcare911)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Estelle ·

Altyd taxi’s betrokke en talle kinders sterf aan die hand van taxis.

Spyker ·

Dubbele sperstreep? Sien ons dit nie daagliks nie. Geen gehoorsaamheid aan wette en die reg nie.

Roedolf Johannes ·

Taxi bestuurders kom geen padreëls na nie.Hulle reëls is as n robort groen is moet jy net vinnig daaroor jaag.Stop nie by Stop tekens nie,ry op die sypaaitjie in Pta,kan nie wag vir ander verkeer nie.Metro polisie sien dit maar doen niks daaraan.DieTaxiś betaal omkoop geld en koop hulle bestuuders lisensies

Keith ·

Some drivers seem to think they drive armoured vehicles. But then again i ‘m sure that dagga, booze and unlicensed drivers play a huge part.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.