3 dood in gru-ongeluk

Die wrak van die bakkie. (Foto: ANA)

Drie mense is Sondagaand in ’n gru-motorongeluk op die M7 in Durban in KwaZulu-Natal dood.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê paramedici is omstreeks 18:15 na die toneel onder die N2-brug ontbied waar ’n vragmotor en ’n bakkie by ’n oorgang gebots het.

Volgens Jamieson was daar ten tyde van die ongeluk altesaam vyf insittendes in die bakkie met sommige wat binne-in die bakkie gesit het terwyl ander agterop gesit het.

Dié insittendes is gedurende die botsing van die bakkie af geslinger en het verskeie beserings opgedoen. Paramedici het een van dié beseerdes sowat 40 m van waar die twee voertuie gebots het, aangetref.

Paramedici het die man op die toneel behandel waar hy aan ’n ventilator gekoppel is voordat hy na ’n nabygeleë hospitaal gehaas is. Die man het egter later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Twee ander beseerdes is op die toneel dood verklaar terwyl nog twee met ernstige beserings na ’n hospitaal vervoer is.

Die vragmotorbestuurder is ongedeerd ná die voorval, het Jamieson gesê.

Die omstandighede rakende die botsing is onduidelik. Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
George in Bloem

Nog mense wat deel word van hierdie land se treurige en skokkende padongeluk en sterfte statistieke. Ek ry elke maand so tussen 9 000 en 11 000 kilos vir werksdoeleindes en al wat ek kan se is dit verbaas my GLAD nie. Ordentelike deeglike behoorlike wetstoepassing bestaan so te se glad nie,die verkeersmense dink blykbaar as jy net spoedoortreders vang doen jy jou werk ,dis net soos die padreels en sperstrepe nerens te siene nie en respek vir en verdraagsaamheid teenoor mede-padgebruikers is ‘n “rumour”. Ons owerhede is vas aan die slaap en meeste padgebruikers het ‘n “deathwish” lyk dit… Lees meer »