3 dood in skietery by Hugenote-tonnel

Argieffoto

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ʼn voorval waarin drie mans Dinsdagmiddag in die omgewing van die Hugenote-tonnel in die Wes-Kaap doodgeskiet is.

Sontaga Seisa, woordvoerder van Opod, sê in ʼn verklaring die skietery het omstreeks 14:30 uitgebreek.

Dít volg nadat die polisie se spesiale taakmag inligting ontvang het van ʼn verdagte bussie met 11 insittendes wat op die N1 Suid naby die Paarl reis. Luidens die inligting was dié insittendes in besit van kontant wat onlangs tydens ʼn transitorooftog in die Oos-Kaap gesteel is. Die polisie het toe op die inligting gereageer en die bussie agternagesit waarna ʼn skietery tussen die polisiebeamptes en die insittendes van die bussie in die omgewing van die tonnel uitgebreek het.

Volgens Seisa is twee van die insittendes tydens die skietery doodgeskiet en drie ander gewond. Die beseerdes is na ʼn hospitaal gehaas waar een van hulle aan sy beserings beswyk het.

Ses van die insittendes was ongedeerd en is op die plek in hegtenis geneem. Die polisiebeamptes kon ook daarin slaag om beslag op die gesteelde kontant te lê, sê Seisa.

Die oorledenes is in dié stadium nog nie geïdentifiseer nie. Die ondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

De Villiers ·

Wat @Kraaibakke bedoel is dat hy soms kommentaar op ń berig hier op Maroela Media (MM) wil plaas, maar dat MM dit nie plaas nie. MM het egter die diskresie om te besluit watter berigte hulle wil plaas al dan nie, solank dit voldoen aan hul bepalings en voorwaardes (B & V). Maar hulle is nie altyd konsekwent nie aangesien hulle ook al baie van my kommentaar nie geplaas het nie, maar waarvan die inhoud heeltemal voldoen het aan hul B & V. Ek verstaan dit ook nie, @ Kraaibekke. Ek dink dis wanneer ‘n mens te reguit is met feite dat MM dit nie wil plaas nie.

Michael P ·

Mense ek bly na aan die tonnel is ons land nou n land wat in oorlog is.Dit begin nou totaal en al hand uit ruk.Dit raak nou n baie groot WORRY!!!!

De Villiers ·

Ja @kraaibakke, so gepraat van die probleem, nou plaas MM glad nie my heel objektiewe, onpartydige, opbouende antwoord by @Tinus Coetzee se kommentaar nie. Ek verstaan nie hoekom nie, maar deel in jou frustrasie.

Scalla ·

Hoekom die skuldiges haas na mediese sorg, laat hul n pynlike lyding hê.

Slagoffer ·

Sannie, as hierdie gemors jou of jou kind toevallig raakskiet by n transitorooftog, dink jy hulle gaan jou help? Nee.Hulle sal jou vermoor vir jou selfoon, so hoekom hulle jammer kry?

Tinus Coetzee ·

Uiteindelik doen die SAPD iets wat lof verdien.
Dan moet mens ook nie uit die prentjie verloor dat daar heelwat in hegtenis names is na plaasaanvalle die laaste tyd. Dalk is dit so dat die wat gearresteer word nie in opdrag van die regering opgetree het nie.

PG ·

Welgedaan SAPD. Mense hou tog op om so negatief te wees. Alles is mos nie net verkeerd en sleg nie, daar is baie positief wat in ons land gebeur. Gaan lees gerus ” I’m staying” op Facebook se insetsels van Suid Afrikaners om ander perspektief te kry.

Wat is perspektief? ·

@PG – #I’m staying se verhale van positiwiteit en hoop is mooi ja. Dat mense nog vir mekaar omgee en weer wil moed gee is prysenswaardig.
Ek kyk egter só daarna – as die positiewe gevoel en onderskraging enigsens die regering se afsku in en vergeldingsbegeerte teen die Afrikaner en sy nageslag kan stuit sal ek toegee dat dinge kan verander.
Ongelukkig weeg dié kant waar die korrupte regering, anti -blank BBEE wetgewing en lamsakkige misdaadbekamping so swaar dat positiwiteit moet plek maak vir realistiese besluite oor ‘n toekoms in ‘n land waar die ekonomie al naderend hink na totale ineenstorting en die armoede en werkloosheid groei met dieselfde baldadigheid as die ywerige bevolkingsaanwas.
Ek sal graag wil weet hoe #I’m staying perspektief gaan gee op ekonomiese en maatskaplike krisisse wat alle Suid- Afrikaners in die gesig staar danksy ‘n korrupte, onbevoegde regering.

AB ·

Goeie werk van die polisie! Gebruik volgende keer ‘n RPG – 7, dan was die hele bussie en almal binne weg!

Abdol ·

Jy het nie voor die VF+, solidariteit en verniet gebuig en hulle hulde gebring nie!

Onnodig ·

PG, #I`m staying was ook in Zimbabwe. Kyk waar het dit opgeeindig. Nee wat

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.