3 dood op eerste Sassa-betaaldag

Bejaardes ontvang Maandag hul maatskaplike toelae in Johannesburg. (Foto: Themba Hadebe, AP)

Drie mense het Maandag gesterf op die eerste dag waarop begunstigdes hul maatskaplike toelae van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) kon gaan afhaal. Spesiale reëlings is hiervoor getref te midde van die algehele landwye afsondering om onder meer te verseker dat nie te veel mense gelyk by betaalpunte opdaag nie.

Desondanks is etlike uitdagings steeds by betaalpunte beleef.

Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Dinsdag gedurende ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê die sterfgevalle is in die Wes-Kaap, Gauteng en KwaZulu-Natal aangemeld. Die oorsaak van die sterftes is nie in dié stadium bekend nie.

Begunstigdes staan Maandag buite die poskantoor in Kraaifontein om hul toelae te ontvang. (Foto: Henk Kruger/ANA)

Bejaarde begunstigdes en begunstigdes met gestremdhede kon Maandag hul maatskaplike toelae ontvang. Volgens Zulu het verskeie begunstigdes wat nié by dié kategorie ingedeel is nie, steeds opgedaag om hul toelae te ontvang.

ʼn Wes-Kaapse man (74) is op pad huis toe dood nadat hy sy toelaag ontvang het. In KwaZulu-Natal het ʼn vrou (63) buite die poskantoor inmekaargesak waar sy haar toelaag moes ontvang. Die vrou is met die nooddienste se aankoms op die toneel dood verklaar.

ʼn Vrou van Gauteng (66) het inmekaargesak nadat sy uit ʼn taxi geklim het om haar toelaag te gaan ontvang.

Begunstigdes staan Maandag in lang rye om kruiniersware in Johannesburg te koop. (Foto: Timothy Bernard/ANA)

Volgens Zulu was daar ook haakplekke wat in die week uitgestryk sal moet word. Daar was onder meer betaalpunte en kitsbanke wat later sonder kontantgeld was, te min stoele vir bejaardes by sekere betaalpunte, asook massas begunstigdes wat by winkelsentrums saamgedrom en geen afstand van mekaar gehandhaaf het nie.

Volgens Zulu blyk dit dat dié kwessies teen Dinsdag reeds verbeter het. Personeel is reeds ontplooi om skarebeheer toe te pas terwyl meer stoele beskikbaar gestel is. Zulu het ʼn beroep op begunstigdes gedoen om die regulasies na te kom.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

MAGRIETHA ·

Daar moet veskillende betaal datums wees vir veskillende groepe ouderdoms , kinder , medies ongeskikte groepe en selfs vir verskillende oudrdom groepe dit behoort baie te help

George ·

Hoekom kan die SASSA geld nie dire in mense se bank betaal word nie?

Lindi ·

Baie oumense in ver gebiede het nie toegang tot banke nie .

Martie Smartie ·

Ek verstaan glad nie hoekom miljoene mense steeds by betaalpunte hulle toelaes moet gaan afhaal nie. Waarom word begunstigdes nie gedwing om hulle toelaes in bankrekenings te onytvang nie? En waarom word dit nie versprei oor die maand nie bv vanne tussen A en K ‘n sekere datum vd maand en van K tot wat ookal op ‘n ander datum ens. Dit sal opeenhopings by winkels verminder. Banke se stelsels praat lankal met Binnelandse Sake, dus as ‘n begunstigde oorlede is, sal dit wys op Binnelandse Sake se stelselskse s . Dit mag dalk tyd vat om lg op te dateer, maar die regering moet eerder dit verbeter en die wet verander dat afsterftes van alle ge-identifiseerdes binne 2 weke op hulle stelsel aangebring moet wees. Dis presies hierdie manier van maatskaplike toelaes hanteer wat gaan maak dat die Corona virus duisende in hierdie land gaan doodmaak. Hoe dan ander lande dit? Kan ons nie gaan kers opsteek by eerstewêreld lande nie? Daar is ook duisende armes daar, misken hanteer hulle dit beter?

Chantel ·

Ek wonder net so by myself, waaraan is die 3 dan oorlede?

AmY ·

Daar was nooit probleme soos die laaste drie dae nie?
Wat gaan nou aan?

Piet ·

Dit is net ‘n bewys van die onbeholpendheid van die amptenary en hul hoofed om te kan organiseer en planne tot uitvoeing te bring

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.