3 dood, talle beseer in botsing

Foto: ER24

Drie mense is dood en talle ander beseer toe ʼn taxi en ʼn vragmotor Donderdagoggend in Sebokeng in die suide van Gauteng gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 07:30 by die toneel aangekom. Die provinsiale nooddienste was reeds op die toneel en besig om van die beseerdes te behandel.

“Die vragmotor het in die middel van die pad gestaan, met die wrak van die taxi aan die kant van die pad,” het Meiring gesê.

“By nadere ondersoek het paramedici die liggame van twee mans en ʼn vrou in die taxi aangetref. Daar was niks wat vir hulle gedoen kon word nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

Foto: ER24

Meiring het gesê verskeie ander mense is in die botsing beseer. Drie van hulle was in ʼn kritieke toestand, terwyl die ander se beserings van gering tot matig gewissel het. Een van die kritiek beseerdes is per helikopter na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die ander beseerdes is per ambulans na hospitale gehaas deur ER24 sowel as die provinsiale nooddienste.

Die oorsaak van die botsing word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.