3 ‘generaals’ vas vir afpersing

Argieffoto: SAPD/Facebook

Drie polisiebeamptes van Durban is tot drie jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van afpersing. Dit volg nadat hulle van ʼn sakeman omkoopgeld van R50 miljoen geëis het om te voorkom dat hy in hegtenis geneem word.

Pradeep Masallia (37), Abdul Rahim (43) en Abdool Yameen Sadik (37) van die Durbanse polisie het Maandag in die Alexandra-landdroshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van afpersing. Al drie het skuldig op die aanklagte gepleit.

ʼn Sersant van die Durbanse polisie se honde-eenheid, Bradley Matthews, was glo ʼn medepligtige in die saak. Hy sal na verwagting op 23 Julie in die hof verskyn.

Luidens ʼn verklaring van die Valke het die drie polisiebeamptes hulself as generaals van die Valke voorgedoen. Hulle sou kwansuis in Mei verlede jaar ʼn bedrogsaak teen die vooraanstaande sakeman in Kyalami, Gauteng, ondersoek het. Hulle het die sakeman met R50 miljoen afgepers in ruil daarvoor dat die korrupsiesaak teen hom laat vaar word.

Die beamptes het ook toegang tot die sakeman se bankbesonderhede geëis. Hulle het luidens die ondersoek byna R9,8 miljoen uit sy bankrekening na hul persoonlike bankrekeninge oorbetaal.

Die Valke sê in die verklaring hulle het dadelik ná die voorval hul eenheid vir ernstige korrupsie-ondersoeke oor die drie beamptes gewaarsku. ʼn Ondersoek is onmiddellik geloods.

Die beamptes is vroeër vandeesmaand, ʼn paar maande nadat die ondersoek van stapel gestuur is, in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Hoop hulle word elk ‘n behoorlike lang vonnis te kry indien hulle skuldig bevind word.

Elsa ·

En al hul pensioen word vir hul verblyf in die tronke gebruik

Cherokee ·

En hul gesinslede, Elsa? Hulle is waarskynlik nie skuldig nie.

Genis ·

Mnr Hoed, you mense darem.. weereens n skandaal.. net bly dat hulle vasgeterk is… dis so algemeen, dit verbaas n mens nie eers mee nie…

Genis ·

Hulle is oor n paar maande uit op parool, skatryk…dis n skande..

Isabella ·

REGTIG korrupsie floreer in hierdie land van ons …26jr en ons land wat ons opgebou het is vernietig deur hul wat apartheid teengestaan ht…wetteloosheid moord geweld boere wat kos voorsien word vermoor…mense wat nie hul poste werd is….polisie se geweld en korupsie hul wat burgers moet beskerm…die buite wereld moet nou INTREE sodat ons weer kan opbou

JohanR ·

Is hulle kaart dra lede van die ANC? Geen tronk dan vir julle my boeties!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.