3 gevonnis oor verkoop van teruggedateerde mediese sertifikate

(Argieffoto: Unsplash)

Drie mense is vandeesweek in die Bloemfonteinse landdroshof vir korrupsie gevonnis nadat hulle teruggedateerde mediese sertifikate verkoop het. Hul medebeskuldigdes se verhoor is intussen tot volgende jaar uitgestel.

Jacques Niell van der Merwe (55), Deon van Vuuren (34) en Annamarie Magdalene van Vuuren (36) is Dinsdag elkeen 24 maande tronkstraf opgelê wat in geheel vir vyf jaar opgeskort is.

Hul medebeskuldigdes, Deon Dewald van Vuuren (49) en Madise Tello David (43), se verhore sal in Januarie volgende jaar onderskeidelik in Botshabelo en Thaba Nchu voortgesit word.

Een van die beskuldigdes het ’n staatsgetuie geword en sal dan teen die ander getuig, sê kapt. Lynda Steyn, woordvoerder van die Valke.

Die verdagtes is almal in November 2018 in hegtenis geneem nadat die Valke inligting ontvang het oor verdagtes wat betrokke was by die verkoop van teruggedateerde mediese sertifikate.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rentia ·

Sjoe… mediese bedrog en dis wat hulle kry as straf? Wat word van die land…

Die Wolf ·

Do the crime, do the time. Klink vir my dit is n free for all daar. Chinese mafia, Ace mafia en wat nog?

Genis ·

Kink vir my hulle almal is siek… wonder of hulle mediese seritifikate het vir hulle siek gedrag? Genis vra ook maar net?

Francois Le Cochon ·

Gelukkig het mediese sertifikate deesdae ‘n “snap scan” op. As jy die sertifikaat scan met ‘n selfoon, kan jy die datums verifieer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.