Die N1-snelweg tussen Laingsburg en Touwsrivier in die Wes-Kaap is Sondagoggend in albei rigtings gesluit weens ʼn botsing tussen ʼn Greyhound-bus, twee vragmotors en ʼn motor op dié pad.
Drie mense is dood en een ander ernstig beseer nadat die bus vanoggend teen een van die vragmotors by Tweedside gebots het.
Volgens Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het die vragmotor vanoggend onklaar geraak en van die pad afgetrek waarna die bus kort daarna teen die vragmotor gebots het.
Drie van die bus se passasiers het in die botsing omgekom terwyl die bestuurder steeds in die wrak van die bus vasgekeer is. ʼn Helikopter is ontbied om die bestuurder na ʼn hospitaal in Kaapstad te vervoer, het Africa gesê.
Dit is op die stadium onduidelik hoe die ander vragmotor en motor in die botsing betrokke was.
“Die N1 sal gesluit bly tot verdere kennisgewing as gevolg van hierdie grusame ongeluk”, het Africa gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
39 Kommentare
Ai nee, dis so hartseer..al die slagting oo ons paaie. Het die vragmotor in die donker slegs gedeeltelik afgetrek met geen reflekters of noodligte aan nie? Die motor was seker ook agter die bus en kon niks langs die pad sien nie. Baie hartseer.
Ek dink daar moet deeglik ondersoek word wat die oorsaak was dat die vragmotor onklaar geraak het. Geen of vrekeerde onderhoud, dan moet die eienaar pa staan. Trok drywer dalk moeg en wou net bietjie rus, dan moet hy verantwoordelik gehou word.
Vragmotors moet van die paaie af verwyder word en spoorvervoer moet ingestel word.
Net 2 reëls : Kyk mooi en geduldig wees – MAAR DIT ONTBREEK ! Want eintlik is die bestuur van ‘n Voertuig baie eenvoudig ???
Penellope, jy maak seker ‘n grap. Watter spoorvervoer prt jy van. Dit bestaan lankal nie meer nie en sal nooit herstel kan word nie sal te veel kos.