3 in hof oor 1 000 pakkies sigarette

Die vrag sigarette waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Drie verdagtes het Maandag in die landdroshof in Modimolle (Nylstroom) in Limpopo verskyn nadat hulle oor die naweek in besit van 1 000 pakkies sigarette in ’n voertuig betrap is. Die verkoop van sigarette is verbode tydens die algehele landwye afsondering.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê Alemayenu Leta (42), Pieter Venter (28) en Amandul Biru (33) is Saterdag in hegtenis geneem nadat hulle versuim het om stil te hou toe die polisie hulle in Modimolle wou voorkeer.

Volgens Mojapelo het die verdagtes met ’n bakkie in die rigting van Bela-Bela gejaag. Die polisie het hulle agterna gesit en die verdagtes is eindelik ná ’n hoëspoed-jaagtog vasgetrek. Dit is toe dat die polisiebeamptes op 1 000 pakkies sigarette agterop die bakkie afgekom het.

Leta, Venter en Biru staan nou tereg op die besit van onwettige sigarette.

Die saak is tot 27 Mei uitgestel. Hulle bly tot dan in aanhouding.

Die vrag sigarette waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

43 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willem

Raai raai wat het van die 1000 pakkies sigarette geword

Pieter

Julle kan om n bord kos sit en met julle hande eet en jy kan vir jou vriend n slukkie koeldrank gee uit jou bottel uit. Moet asb net nie rook nie. Julle slim ANC menisters is erger as die virus

Andre

So lekker om mense hof toe te sleep vir sigarette en reg te laat geld maar kom dit by staatskaping wat ‘n baie erger misdaad is dan is wet en orde nie so gewillig nie.Die land is regtig ‘n sirkus en ons het almal voorste sitplekke om maar net te kan lag en huil vir die onkunde.

Nie Verbaas

Wens dieselfde aandag kan aan veel erger misdade gegee word.

Schalk

Dr. Zol en hoed se bloedhonde is orals. Plaasmoorde is ok, moet net nie ‘n sigaret he nie dan sal jy die volle mag van die (on) reg ervaar.