3 in hof oor Naboomspruit-plaasmoord

Alwyn en René van Zyl (Foto: Verskaf)

Drie mans wat Vrydag in hegtenis geneem is in verband met die aanval op Alwyn van Zyl (79) en sy vrou, René (66), op hul plaas digby Mookgophong (Naboomspruit) in Limpopo, het Maandag in die Mookgopong-landdroshof verskyn. Alwyn is in die aanval dood.

Tatenda Lebogang Mongwenya (32), Lyod Madumba (28) and Yaganias Saga (30) word aangekla van huisroof, poging tot moord, moord, die besit van gesteelde goedere en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie.

Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die saak is uitgestel tot Woensdag wanneer hulle formeel sal aansoek doen om borgtog. Die verdagtes bly tot dan in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig dié drie is etlike ure ná die aanval in hegtenis geneem.

Van die onwettige ammunisie waarop beslag gelê is (Foto: Verskaf)

Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het gesê die vinnige inhegtenisneming was te danke aan die samewerking tussen verskeie wetstoepassingsorganisasies soos die polisie van Naboomspruit en Roedtan, die Modimolle (Nylstroom)-polisie se honde-eenheid, die Heritage Protection Group (HPG) en ander plaaslike veiligheidsgroepe.

Die Van Zyl-egpaar is Vrydag omstreeks 00:15 deur omtrent vyf aanvallers in hul plaashuis oorrompel en aangerand. Die egpaar het gelê en slaap toe die mans die plaashuis betree het.

Die aanvallers het Alwyn se voete en arms met klere vasgemaak. Hulle het hom daarna glo verwurg.

Die aanvallers is toe na die ander kamer waar hulle die vrou gedreig en geld en vuurwapens geëis het. Hulle het haar met skoenveters vasgemaak en toe die kamer geplunder, op soek na goed om te steel.

Met die inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op een vuurwapen met ʼn vol magasyn, patrone, gereedskap, twee sportsakke, een skooltas vol klere, selfone en blikkies.

Ngoepe sê die oorsprong van die vuurwapen en ammunisie wat in hul besit gevind is, sal deur ʼn voortgesette polisie-ondersoek bepaal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Frans ·

Dit wys weereens hoe met samewerking vinnige resultate bereik word.Hoop die moordenaars sit baie lank waar hul hoort,in die tronk.

Misky ·

Indien borg toegestaan word, moet daai regter aanspreeklik gehou word. Geen, maar GEEN borg vir moordenaars en verkragters nie!!!!

J ·

Plaasmoorde wat deur Swartmense (onder die ANC regering) gepleeg word, moet deur die Verenigde Nasies verklaar word tot MISDAAD TEEN DIE MENSDOM (SONDE TEEN DIE MENSDOM).

Komaan AFRIFORUM, DA, ACDP, COPE, VF+ ensovoorts … kry plaasmoorde op die AGENDA van die VN!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.