3 in hof vir mensehandel

(Argieffoto: Unsplash)

Drie verdagtes het Vrydag vlugtig in die Keiskammahoek-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn op aanklagte van mensehandel.

Twee mans, onderskeidelik 36 en 32 jaar oud, asook die ma van ’n 13-jarige dogter met Down se sindroom, is Woensdag in hegtenis geneem nadat die vrou na bewering haar dogter en dié se niggie (15) aan haar medebeskuldigdes verkoop het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder van die Valke, sê die kinders, tóé 11 en 13 jaar oud, is in Februarie 2019 vir “seksuele uitbuiting” aan winkeleienaars verkoop.

Die meisies is in Maart vanjaar as deel van die Valke se ondersoek na ’n plek van veiligheid geneem.

Mgolodela sê die beskuldigdes sal weer op 7 Junie in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog aansoek sal doen.

  • Hierdie berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jdb ·

“aan winkeleienaars verkoop”. Wat de ongeluk het die feit dat hulle winkels besit met enigiets re dien? Meer relevant sou wees hul nasionaliteit, geslag, burger status, selfs herkoms of geloofsoortuiging. Maar “winkeleienaars”?

Nico ·

Hoe verskriklik wreed kan ‘n mens nie wees nie – om ‘n onskuldige kind vir die wolwe te voer vir vergoeding. Daar is geen straf in SA wat dit kan regverdig nie.

Danie ·

n Winkeleienaar voorsien kos aan die verkopers.
Dis wat dit met die saak te doen het.
Genade

Jdb ·

Voorsien kos aan die verkopers? Watter verkopers? Genade. En wat het dit steeds met die saak te doen?
Genade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.