Paramedici is Woensdagaand na ʼn huis in Elspark, Germiston, ontbied nadat ʼn driejarige bewusteloos in ʼn swembad gevind is.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 18:43 ontbied.
“ʼn Familielid het die seuntjie in die swembad gesien en onmiddellik ingespring om die kind te red.”
Volgens Herbst het paramedici die kind ondersoek en het hy sy bewussyn herwin en normaal begin asemhaal.
Paramedici het die kind na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling. Die presiese omstandighede rakende die voorval is nie duidelik nie en word ondersoek.
Ai dit kon voorkom gewees het. As ons ons kleinseun oppas is ons elke minuut by hom. Ons loop soos ‘n stertjie agter hom aan. Los hom glad nie alleen nie.
Moenie te gou oordeel nie. Ek self het jare terug n 14 maande oue kind so verloor en glo my maar gerus, die klein goedjies kan blits vinnig onder jou uit verdwyn.
N swembad is so gevaarlik vir kleintjies, mense moet te alle tye hulle swembad beveilig, net, omheining… Dis baie goedkoper as n lewe
Ek sê weer, Swemlesse!!! Swemlesse!!! Swemlesse!!! Daardie kind het n beter kans om hom/haar self te red as een wat nie kan swem nie. My oudste het van drie maande af geswem, die tweede een van drie jaar, ek was nooit bekommerd by swembaddens want die eerste ding wat hulle leer is hoe om hulle self om te draai en kant toe te swem.
Goeie hemel, ek hoop almal wat hier so lekker klippe gooi het eers al die gemors voor hulle eie deur weg gevee voor hulle begin oordeel !!! Wag tot dit me jou gebeur dan soek jy simipatie van die hele wereld. Die wereld hiet siek geword. Baie makliker om te oordeel en kritiek te lewer as om te Bid en te Help.
Sterkte mamma en pappa mag God julle klein ding ten volle genees, Amen
Dit is my grootste vrees wanneer my kleinkinders, 6 jaar en 3 jaar om swembaddens is. Ons loop ook die hele tyd agter hulle aan maar ‘n ongeluk gebeur so gou.
Ek is seker almal wat hier klippe gooi het die prys van ouer van die jaar gewen, baie geluk!
Maar duidelik besef hulle nie wat in ‘n sekonde kan gebeur nie! Die ouers wat deur so iets moet gaan het regtig nie nodig om mense se negatiewe opmerkings te lees nie!