3-jarige met kanker is steeds “borrelend en sterk”

Skylar Meyer (Foto: Facebook)

Skylar Meyer van Equestria in Pretoria is steeds borrelend en sterk alhoewel die dapper klein driejarige tans haar tweede ronde bestraling vir kanker kry.

Skylar is in Junie verlede jaar met fase 2-neuroblastma-kanker van die niere gediagnoseer toe haar naeltjie tydens ʼn gesinsvakansie in ʼn vreemde kleur verander het. Haar ouers het haar hospitaal toe geneem en die diagnose is kort daarna gemaak.

Skylar het sewe maande in die hospitaal deurgebring waar sy operasie en behandeling ondergaan het, waarna sy uiteindelik in Februarie vanjaar in remissie was. Ongelukkig het die kanker in Mei teruggekeer, en hierdie keer was dit reeds fase 3.

“Skylar het reeds vier groot buikoperasies, ses operasies in totaal, en 10 chemoterapie-sessies in een jaar gehad. Haar moed en dapperheid is ʼn inspirasie vir soveel mense. Hoewel Skylar al deur so baie is, het sy altyd ʼn glimlag op haar gesig en die wonderlikste persoonlikheid,” het Chantel, Skylar se ma, aan Good Morning Angels.

Skylar Meyer (Foto: Facebook)

Chantel het Jacaranda FM se Good Morning Angels gekontak met die hoop om geld vir Skylar se mediese uitgawes en reisgeld in te samel.

Nadat Skylar siek geword het, moes Chantel haar werk as ʼn gr. R-onderwyser bedank om by haar kind te wees. Die Meyer-gesin moet nou regkom met slegs Skylar se pa, Sias, se inkomste. Sias kan nie sy dogter in die hospitaal ondersteun nie omdat hy nou die gesin se enigste bron van inkomste is.

“Die fondsinsameling sal ons familie op soveel verskillende manier help. Sedert haar diagnose het ons deur baie moeilike tye gegaan as gevolg van die spesiale behoeftes wat sy nou het.”

Caring Daisies het op die Good Morning Angles met Martin Bester R50 000 aan die Meyer gesin geskenk. Hulle het gesê hulle weet dit is nog nie naastenby genoeg nie, maar dat hulle hoop dat nog mense hulle harte sal oopmaak vir Skylar.

“Dit is massief, baie dankie. Ek glo nie julle verstaan wat dit beteken in ʼn persoon se lewe nie,” het Sias deur sy trane gesê.

Besoek Skylar se Back-a-Buddy-profiel hier om ʼn donasie te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SomeOne ·

ek bid vir jou genesing by Ons Groot Geneesheer, sterkte kleinding, ook so met jou ouers

TO ·

Pragtige poppie, Jesus genees steeds, Hy is ook jou wonderwerkende geneesheer. Bid vir jou

Ann ·

Hoe baie kan ons as grootmense nie by kinders leer nie!
Sterkte pop, tannie lief jou!!

Connie ·

Skylar ek bid baie hard vir jou my kindjie. My kleinkind het ook kanker. Ons het uit gevind toe sy 3 was, sy is nou 4 en al 8chemo sessie agter haar. Sy is nou op die oomblik vir nog chemo in die hospitaal en as alles goed afloop dan n 2 de operasie. My dogter het ook haar werk verloor omdat sy pal by my kleinkind moet wees, en pappa werk. Maar die Here is groot Hy sorg elke dag vir haar. Sy is soos Skylar n engeltjie altyd besig en speel en maak grappies, hulle is net n plesier. Mamma van Skylar, ek weet dit, glo dit, en ek vertrou dat die Here is by al Sy kinderstjie. Ek vertrou net op Hom vir genesing, en bly op my kniee, want Hy is so Almagtig. Sterkte vir al die mammas en pappas, God is met julle, Amen

Mad Mike die Rhodesiër ·

Bestraling en chemoterapie is nie altyd goed vir jou nie. Di t verleng slegs jou lewe op die korttermyn. ‘n Gesonde leefstyl met BAIE vrugte en groente (vars en in die vorm van sap) asook sekere kruie werk in die meeste gevalle beter. Vra my. Ek leef al meer as 40 jaar met kanker SONDER bestraling of chemoterapie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.