3-jarige opgespoor

Chulu. Foto: Verskaf.

ʼn Seuntjie (3) is opgespoor nadat ʼn reusesoektog na hom van stapel gestuur is deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), die polisie, die polisie se honde-eenheid en lugvleuel asook lede van die gemeenskap.

Die NSRI het in ʼn verklaring gesê die kind, net bekend as Chulu, het Donderdag omstreeks 16:30 verdwyn. “Hy is Vrydag teen 12:50 opgespoor deur twee NSRI-leerlingspanlede van St. Francisbaai die Oos-Kaap. Hy het onder bosse langs die Kromrivier in ʼn gebied wat bekend staan as Kromme River Shareblock gelê.”

Volgens die NSRI is Chulu per polisiehelikopter na ʼn hospitaal geneem om ondersoek te word.

Die NSRI vermoed Chulu het ʼn entjie van die huis gestap en toe verdwaal langs die Kromrivier. “Die polisie vermoed in dié stadium geen vuilspel nie, maar die ondersoek is nog nie afgehandel nie. Chulu se famiie is verskriklik bly en verlig dat hy veilig is,” het die NSRI in die verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

snoefie ·

ek lees die berig en tog wil my oë nie glo wat ek lees nie. hy is LEWENDIG gevind. dankie Vader van genade. baie dankie.

"Eksê" ·

Jou kleine-klits! En hou op rond kerjakker. Jyt dam ma die grootmense ‘n slaapeloos nag besorg! Nxik!!!

Vivian ·

So bly saam daai moederhart. Die Here het Sy Engele gestuur om hom te bwaar. Dankie Jesus. So baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.