3-jarige van Mosambiek-tronk na SA gebring

Die driejarige seuntjie met sy aankoms by die lughawe. Foto: Verskaf

Die driejarige seuntjie met sy aankoms by die lughawe. Foto: Verskaf

ʼn Driejarige seuntjie is vandeesweek van Mosambiek na Suid-Afrika gerepatrieer.

ʼn Afvaardiging van die departement van maatskaplike ontwikkeling het Dinsdag na Mosambiek gereis nadat ʼn Suid-Afrikaanse vrou wat daar ʼn gevangene is, versoek het dat haar seuntjie na Suid-Afrika gebring word om by familie in die Vrystaat te woon.

Die ma dien 12 jaar tronkstraf uit nadat sy in 2011 in hegtenis geneem is vir dwelmhandel. Die kind is in die gevangenis gebore en was sedertdien in sy ma se sorg. Die Mosambiekse regering laat nie kinders toe om by hul ma’s in gevangenisse te bly nie. Die familie in die Vrystaat sien reeds na die ma se 15-jarige broer ook om.

Die driejarige seuntjie het Woensdag by die Internasionale Lughawe OR Tambo aangekom waar lede van die departement en sy oom en tannie hom verwelkom het.

Suid-Afrika word volgens die Kinderwet verplig om kinders wat in nood verkeer in die buiteland na Suid-Afrika te repatrieer. Die departement het tussen 2005 en 2015 altesaam 18 kinders na Suid-Afrika gerepatrieer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gesiggie ·

Die arm kind, nie moes hy vir 3 jaar van sy lewe in n tronk spandeer, nou nog weggevat word van sy Ma? maar ek dink dit is beter so, want n Ma wat met Dwelms betrokke is? kan nie vir haar kind n goeie Lewe gee… en sy moet in elk geval nog n paar jaar in die Tronk bly? Voel Jammer vir die Familie, want lyk my almal word net by hul afgelaai… maar solank hul goed vir die Seun kan sorg . Dankie vir die Oom en Tannie, anders waarheen sou hy gaan??…

m ·

Die arme kind. Hoop hier is darem familie wat mooi na hom sal kyk.

E ·

My hart is seer vir daai kind. Hoe moet hy nie net voel nie? Gelukkig volgens studies begin mens so van 5 jaar af onthou en in jou geheu bere. Hoop dit sal die geval vir hierdie seun wees.Arme kind.

Anne ·

Lees/verstaan ek reg sy is in 2011 tronk toe vir 12 jaar weens dwelm handel en sy het ‘n 3 jarige seuntjie? As sy in die tronk was hoe het sy dan swanger geraak?

Nina ·

Ek het ook daaroor gewonder. :/ Hoop maar die seuntjie pas vinnig aan. Foeitog, so bitter klein.

Gesiggie ·

Goeie vraag Anne”’ in die Tronke is enige iets moontlik…dalk wind bestuiwing””’

Anne ·

as mens die ouderdom in ag neem en somme maak volgens die inligting is die kind nie ‘n SA burger nie – so dan in my leke opinie net nog ‘n belading van uitgawes op belasting betaling want definitief gaan daar aansoek gedoen word vir die kind vir geldelik hulp?

TDW ·

Jinne Anne! Hoe kan jy so koud wees? Hierdie is ‘n onskuldige kind! Ek sal my brood vir hom gee!

Karma ·

Niemand het gesê dat sy swanger was toe sy tronk toe is nie. En sy is in 2011 IN HEGTENIS geneem; dit is nie noodwendig dat haar tronkstraf al toe begin het nie (daar was seker eers darem ‘n verhoor en hofprosedure?)

Sy kon ook verkrag gewees het of ‘n seksuele verhouding met ‘n manlike wag gehad het tydens haar tronkverblyf (dis Donker Afrika daardie, mense). Maar ek sou sê die Ma is so ± middel 2012 tronk toe gestuur; toe reeds swanger en die kind is so ses maande of wat later gebore in die tronk.

Sputnik ·

Dit is eintlik skrikwekkend – en ek vermoed ‘n mens kan só maklik vir die nietigste beweerde oortreding daar in die tronk beland!!

Cherokee ·

Sjym… as die kind op skool gevra word waar is hy gebore moet hy maar lieg en sê op die rugbyveld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.