3 kinders sterf in Middelburg-ongeluk

Die ongeluk op 24 Julie 2015 in Middelburg, Mpumalanga Foto: ER24

Die ongeluk op 24 Julie 2015 in Middelburg, Mpumalanga Foto: ER24

Drie kinders is Vrydagaand dood toe ʼn enkele motor ʼn boom in Middelburg, Mpumalanga getref het.

“Die motor is in twee geskeur,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Drie kinders, wat ʼn geruime tyd in die motor vasgekeer was, het in die ongeluk gesterf.”

Twee persone het matige tot kritieke beserings in die ongeluk opgedoen. “Een van die pasiënte is deur ER24 na MidMed-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die tweede pasiënt is deur ʼn ander ambulansdiens vervoer,” het hy bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

chris ·

As die motor in 2 geskeur het, moes die spoed baie hoog gewees het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.