3 KZN-polisiebeamptes doodgeskiet

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Drie polisiebeamptes is doodgeskiet waarvan twee in ‘n brandende motor gesterf het, terwyl hulle misdade in KwaZulu-Natal wou bestry.

“Konst. Mpendulo Welcome Jaca (37) en Zamukwanda Wiseman Majoka (34) het Donderdagaand omstreeks 21:30 reageer nadat ʼn alarm by ʼn groothandelaar in Harding afgegaan het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie gesê. “Die verdagtes was nog besig toe die beamptes by die toneel opgedaag het en hulle het op die polisielede geskiet. Die polisievoertuig het aan die brand geslaan.”

Volgens Naicker kon omstanders ʼn vroulike polisiebeampte uit die voertuig red, maar haar twee kollegas het in die voertuig gesterf.

Intussen het polisiebeamptes “weerstand van vyandige inwoners” teëgekom tydens ʼn klopjag by die KwaMashu-manshostel in Xolaniweg en by ʼn onwettige taverne. “Skote is gevuur en sers. Sandile Humphrey Mbhele (37) is in die kop getref. Hy is na ʼn hospitaal geneem, maar is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar,” het Naicker gesê.

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, en bestuur van die polisie het Vrydag die beamptes se familielede besoek. “Ons is baie hartseer oor die verlies. My innige meegevoel aan die beamptes se familie, vriende en kollegas,” het sy in ʼn verklaring gesê. Sy het versoek dat ʼn span, insluitend misdaadintelligensie en die Valke in die provinsie, die moordenaars sal aankeer. Twee mense is reeds ondervra in verband met die skietery by KwaMashu. Drie vuurwapens sal vir ballistiese toetse gestuur word.

Bron: Jenni Evans, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jacques ·

Wilde suide die. Sorry om dit te hoor,dink dis net die goeie poliesie wat doodgaan,wat iets probeer doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.