3 matrieks dood; 12 beseer in ongeluk

Argieffoto

Drie matrieks is Vrydagaand in ’n taxi-ongeluk in Noordwes dood nadat hulle ’n viering ná afloop van die matriekeindeksamen bygewoon het.

Elias Malindi, woordvoerder van die provinsiale departement van onderwys, sê 14 leerders aan die Rethusegile Secondary School in die Lethabong-nedersetting naby Rustenburg was Vrydagaand in ’n taxi van ’n oord naby Brits onderweg huis toe toe die voertuig op die R511 omgeslaan het.

Isaac Nkosi (18), Tshepiso Moagi (21) en Amogelang Diphoko (20) is op die toneel dood verklaar. Die taxibestuurder en 11 ander leerders het ernstige beserings in die voorval opgedoen en is na ’n hospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Sewe van die leerders is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Mmaphefo Matsemela, Noordwes se LUR vir onderwys, het die familie van die oorledenes besoek en haar medelye betuig.

“Hierdie leerders was deel van die matriekgroep van 2020 wat hul finale eksamens afgelê het midde die Covid-19-pandemie.

“Hulle het 13 jaar in ons skole deurgebring en ons het nooit verwag om so van hulle afskeid te neem nie. Ons het ’n span saamgestel om die rit [van die oord af] te ondersoek,” sê die LUR.

Die ondersoek sal Maandag van stapel gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kokkie ·

Was dit ‘n private partytjie soos in die geval van Hoërskool Brackenfell ? Dan gaan Malema en sy ‘grondmagte’ seker optog hou en alles wat voorkom, vandaliseer.

SomeOne ·

sterkte aan almal
soos voorheen gese is, ek kan maar net my kop skud

Cecilia ·

Taxi drywer het sekerlik lekker saam partytjie gehou. Toe moeg en dronk agter d stuur ingeklim.

Riaana ·

2020 is better om veilig by jou huis te sit, ons land ons paaie is een gevaarlike speel plek… Hou jou kinder tuis so ver moontlik… Hulle sal wel weer tyd kry vir partytjies Hou, of better Hou die partytjie by jou huis!!!!

Niklaas ·

15 in die taxi. En seker nie stadig gery nie. Tragies en onnodig

Moedeloos ·

Gelukkig het hy skool klaar gemaak. My ma en pa het ook altyd ons gedreig en gesê al is jy 21 matriek sal jy maak.

Alet ·

Ja nee kyk. Ek het 17 geword in matriek en my skoolloopbaan was 12 jaar. Klink meer na 15 of 16 jaar

Connie ·

Ek se weer daar was n “Taxi” by betrokke. Jammer aan die ouers, innige mee gevoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.