3 onnies geskors ná bewerings oor swanger leerders

Argieffoto

Drie onderwysers van die Bothithong High School buite Kuruman in die Noord-Kaap is geskors nadat bewerings aan die lig gekom het dat tot 30 meisies by die skool deur ʼn onderwyser swanger gemaak is.

Maroela Media het vroeër berig die Noord-Kaapse departement van onderwys het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat bewerings oor die swanger hoërskoolleerders aan die lig gekom het. Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement, het Vrydag die drie onderwysers se skorsing bevestig.

“Die ondersoek na bewerings van seksuele verhoudings tussen onderwysers en leerders het aan die lig gebring dat drie onderwysers hierby betrek word. Die proses om hulle voorlopig te skors het dus reeds begin,” het Van der Merwe gesê. Hy het gesê daar kon tydens die ondersoek egter geen bewyse gevind word dat onderwysers leerders by die skool swanger gemaak het nie.

Van der Merwe het vroeër gesê volgens die departement se rekords was daar in die afgelope drie jaar 16 leerders by die skool swanger. “Daar sal bepaal word of die skool enige verdere ondersteuning met betrekking tot berading aan leerders en onderwysers benodig,” het hy gesê.

“Dit is belangrik dat al die wetlike prosesse gevolg word sodat die dissiplinêre proses regverdig is teenoor die klaers sowel as die beweerde oortreders.”

Van der Merwe het gesê die departement het ʼn span ondersoekers na die skool ontplooi om die bewerings behoorlik te ondersoek. Martha Martlett, LUR vir onderwys, sal ook Maandag die skool besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Ek weet ·

“‘n Ondersoek het bevind dat daar nie bewyse is dat onderwysers leerders swanger gemaak het”.
Dan is dit definitief kruisbestuiwing, hoe anders !?

Johan ·

Sal graag wil weet wat se toetse gedoen is om dit te bepaal.

Bob ·

Nee die berig sê “… by die skool swanger gemaak.” Dis nu die dilomatiese manie om te sê buit skoolgrond het niks met die skool tedoen nie.

Spikkel ·

Die biologie onnies het die les prakties en mooi stap vir stap verduidelik.

Eish ·

Korrek, want een is na bewering verantwoordelik vir 30 swangerskappe en aangesien daar geen bewyse gevind kon word nie, word 3 onderwysers geskors in afwagting van die ondersoekspan wat geen bewyse kon vind nie. Nou sê nou vir my ons bly nie in n helhool nie!

Johan Nortje ·

Seksonderrig in skole is die grootste probleem. Dit is waar geleenthede opduik. Ondersoeke word geloods maar die oorsaak word weggesteek.

Johann Marx ·

Kalmeer. Dit was net Biologie Prakties. Al die meisies het vol punte gekry…

anoniem ·

Dit is glad nie snaaks nie, eerder skokkend dat ‘n onderwyser so die jong meisies, wat eintlik nog net kinders is kan uitbuit. Die onderwysers hoort in die tronk.

Johann, GR en Spikkel: as dit jou dogter was wat sou jy se? Skielik nie meer ‘n grap nie, ne

Yster ·

Daar sal moet n laerskool gebou word. Antie anoniem ons dogters is beter opgevoed. Maar nouja deesdae is dit n guns vir n guns. Dit gebeur maar op Universiteit ook. Daai studente is net slimmer.

Frans C ·

Die voorval hou nie skokkende gevolge vir die kinders in nie,maar ook vir die land se belastingbetalers,want as die swangerskap bevestig word en die kinders gebore word,kan jy maar seker wees daar is nog dertig wat om staatshulp gaan aansoek doen.

Geen wonder die staatskantore word oorstroom en sit daar kinders so jonk as 14 met kinders op hul skoot en wag om hul aansoek in te dien.Daar is net een oplossing,doen DNS
toestse,spoor die pa op, hou hom en sy familie verantwoordelik vir alle koste.

Ek is seker die meeste belastingbetalers is al gatvol dat hul swaar verdiende belastinggeld
aangewend word om vir die gevolge van ander se plesiertjies te betaal.

ken van benoni ·

Johan Nortje:
Stem saam, maar dit wat wel die oorsaak is word NIE weggesteek nie

Gysbert ·

Hierdie is eintlik skreeu snaaks. :):):)

Nee regtig, ek dink dis baie snaaks.

Swartkat ·

Niemand kan se die onnies is nie baie toegewyd aan hulle werk nie maar enige sport het sy beserings, gelukkig betaal die belastingbetaler maandeliks vir die kleintjies wat gemaak word terwyl die meisie veronderstel was om te leer en die onderwyser sy werk moes doen

Suzette ·

Ja nee Gysbert en Swartkat die belastingbetalings moet opdok. So dis skreeusnaaks ne. Magtig man verstaan julle nie dis staturtere verkragting nie. Hel hoe oud was die meisies? Lag julself dood. Dis ‘n flippen skande dat mans van julle ouderdom en intellek dink dis snaaks en julle kan julle versoen met “skreeusnaaks en toegewyd” Niemand is veronderstel om te dink dis skreeusnaaks en meisie moet leer en onderwyser moet sy “werk” doen nie. Die varke het ‘n meisiekinders VERKRAG. Sy het gedink dis so en sy moet want so gaan sy slaag. En ja sy kon seker nee se JOHAN maar ken jy die feite. Hoe oud was hulle en wat was die agtergrond. “Ek moet presteer en ek moet perform uithaal en wys.” ????? Nee demmit man al is hulle op Hoërskool is daar geen verskoning dat ‘n onderwyser homself so kan vergryp nie. So julle wat so heerlik julle monde uitspoel oor “sy kon nee se en whatever” betaal maar lekker aan julle ekstra belasting. Wonder net wat sal julle doen as dit julle dogters was. Weet wat ek sou doen. Julle sou nie meer mans gewees het nie………………

Justice ·

Hierdie is statutere verkragting met voldoende en moontlik verdoemende getuienis teenoor die 3 beskuldigdes om `n skorsing te regverdig – waarom is hulle slegs geskors en nie toegesluit nie vir hul eie “veiligheid” nie? – sekerlik is dit ten minste net regverdig teenoor die menseregte van die 30 minderjarige slagoffers om intimidasie en verdere spanning te voorkom tot tyd en wyl die DNA toetse eendag gedoen en die uitslae bekom is. Ek vind dit al hoe moeiliker om die menseregte logika in ons wetstelsel tov slagoffers te verstaan.

Toppie ·

Gelukkig was die onderwysers nie wit nie dan was hulle in die selle op aanklag van poging tot moord sonder die keuse van parool

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.