3 ontsnap uit polisieaanhouding

Argieffoto

Argieffoto

Drie verdagtes het Dinsdagaand uit aanhouding by die Groblersdal-polisiestasie in Limpopo ontsnap.

Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê beamptes by die polisiestasie het omstreeks 23:00 gaan ondersoek instel nadat ʼn onderonsie in een van die selle uitgebreek het.

“Die beamptes is deur die aangehoudenes in die selle oorweldig waarna hulle daarin kon slaag om te ontsnap,” het Otto gesê.

Die ontsnaptes is Vincent Marutla (22), Somantla Makaraa (22) en Simon Chauke (23). Hulle is aanvanklik in hegtenis geneem op aanklagte van gewapende roof en huisroof.

Die omstandighede rondom die ontsnapping word ondersoek.

Lede van die publiek wat die mans opmerk of weet waar hulle mag wees, word versoek om ao. Mokonyane by 079 909 3352 te bel. Die polisie sal binnekort foto’s van die verdagtes uitreik.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Fritz ·

Die Vincent Marutla is op facebook. Lyk my asof hy al klaar voorheen in die tronk was.

Trolle ·

Hoekom se julle nie maar vrygelaat nie almal weet dis tog wat gebeur het.

Hennie ·

Is die polisie beamptes regtig so pateties sleg dat hulle nie eers iemand in ‘n sel wat toegesluit is kan oppas nie?

gatiep ·

Dis omdat die ouens wat hulle moet op pas niks oorkom as hulle die skelems vrylaat nie dit wil vir my se hulle baas werk saam met hulle.

Veritas ·

Lyk my dit is deesdae makliker om uit die polisieselle te kom as daarin.

m ·

Sjoe ma dis darem ma maklik deesdae om te ontsnap. En die polisie is so pateties, seker ook ma te bly as die goed ontsnap, minder papierwerk en leers. Seker ook weer “bribe” betaal. O nee kyk hierdie land is crime heaven!!! Elkeen het sy prys om iets uit deal te maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.