3 ontsnap uit polisieselle

Argieffoto

Argieffoto

Drie verhoorafwagtende gevangenes wat op aanklag van verkragting tereg staan, het Donderdagmiddag uit polisieselle in Phalaborwa in Limpopo ontsnap.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn reusesoektog na Papic Mashale (23), Thomas Mawashe (23) en Benny Mathaba (24) is van stapel gestuur.

Volgens Ngoepe het die gevangenes omstreeks 17:00 ontsnap toe polisiebeamptes besig was om hul kos vir hulle te bring. “Daar word beweer dat die verdagtes die polisiebeamptes oorrompel het, daarin geslaag het om een van hulle te ontwapen en toe ontsnap het. Geen skote is afgevuur nie,” het Ngoepe gesê.

Die drie word aangekla van verkragtings wat in die Namakgale-gebied buite Phalaborwa plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Netekke ·

Wat is nuut? Hierdie tipe van ding gebeur so gereeld dit is nie eers nuus nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.