3 SA stede haal nuwe lys van gevaarlikste plekke

Kaapstad. (Foto: pixabay)

Drie van die 50 gevaarlikste stede ter wêreld is volgens ʼn nuwe studie in Suid-Afrika.

Luidens die studie deur die Mexikaanse raad vir openbare veiligheid en strafreg is Kaapstad die gevaarlikste stad in Afrika en die 11de gevaarlikste stad ter wêreld met ʼn moordkoers van 2 868 uit ʼn bevolking van net meer as vier miljoen in 2018.

Port Elizabeth is volgens die lys die 45ste gevaarlike stad ter wêreld met ʼn moordkoers van 478 uit ʼn bevolking van net meer as een miljoen in 2018.

Durban is 47ste op die lys met ʼn moordkoers van 1 562 uit ʼn bevolking van net meer as vier miljoen in 2018.

Die gevaarlikste stad ter wêreld is Tijuana in Mexiko, aldus die studie. Die moordkoers is 2 640 uit ʼn bevolking van net meer as 1,9 miljoen in 2018.

Volgens die lys is vyf van die wêreld se gevaarlikste stede in Mexiko. Die ander vier stede is Irapuato, Ciudad Juárez, Ciudad Victoria en Acapulco.

Venezuela het drie stede op die lys van die wêreld se tien gevaarlikste stede, naamlik Ciudad Bolívar, Ciudad Guayana en Caracas. Die ander twee gevaarlikste stede wat die tiental voltooi is albei in Brasilië: Natal en Fortaleza.

Kyk hier na die volledige lys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Erma Gardner ·

Hoekom sal toeriste steeds SA toe kom? Dit maak my oneindig hartseer om dié vraag te vra.

MJ ·

Nou ja, ons sien Kaapstad / Wes-Kaap as ‘n beter plek om te woon invergelyking met ander stede in SA. As dit is wat die res van die wêreld dink…

Pieter 7 ·

3 stede in SA as die gevaarlikste is seker een van die vereistes vir ons agbare President se ” Dream City ”
Wat ‘n skande.!!!!

Anoniem ·

Glad nie iets om op trots te wees nie, maar wel ‘n skreiende skande.

Petrus ·

Kaapstad is groot. Dit hang dus af waar in Kaapstad is die statistieke van toepassing.

Michael P ·

Dit is nie Kaap Stad nie Se liewer Die Kaap se Vlakte is die gevaarlikste ter wereld.

Karolis ·

Dit is ‘n meer korrekte siening.
Die stad is ‘n aangename plek, veral in die aand.

Jaco ·

Ja, maar hoe betroubaar is ons statistieke, ek dink as dit die ware stand van sake weerspiëel het dan was JHB eerste, Durban tweede ens ons sal moontlik die top 10 haal met 10 van ons stede.

Jack Russl ·

Ja, as hulle op die polisie se statistieke vertrou gaan die prentjie anders lyk as die werklikheid. Weet van ‘n paar stories waar die sake nie aangeteken is soos wat dit gebeur nie.

Kyk maar net na die plaasaanvalle. Ou mense word verniel en dan word net ‘n saak van huisroof oopgemaak

Cherokee ·

Jaco, dit lyk asof dit vir jou ‘n persoonlike skok is dat Kaapstad as die gevaarlikste stad in Afrika beskou word. Hanteer dit, dit is DA-wêreld daai.

Jaco ·

@Cherokee, as jy my kommentaar klaargelees het sou jy dalk verstaan het, my punt is dat ons statistieke van so aard is dat niemand dit kan glo nie en dat as 10 van ons stede (Kaapstad ingesluit) in die volle top 10 was, hetsy JHB nou eerste of Kaapstad eerste of Kaapstad derde of vierde of vyfde (hoe ookal) dit my glad nie sal verbaas nie, moes ek nou al 10 van SA se grootste stede letterlik noem om my punt te stel?

Michael P ·

Dit is nie Kaap Stad nie Se liewer dit is die Kaapse Vlakte wat die gevaarliste ter wereld is.

Hanna Hoekom ·

Ja, daar is n groot verskil tussen Kaapstad en die Kaapse Vlaktes. Ek voel heel veilig in Kaapstad, woon al baie jare hier. Ek sal egter nooit langs die N2 naby die lughawe met my motor wil gaan staan nie! Ek het ook geen behoefte om townships of Mitchells Plain toe te gaan nie.

Robert ·

Michael: en wat van die man van Ukraine wat by houtbaai dood gesteek is, dis nie Kaapse Vlakte nie?

Hans ·

Verstom dat Pretoria en Johannesburg/soweto verskyn nie op lys

Manie van Worcester ·

My vriend ek stem nie blou anc maar misdaad is polisie nasionaal se probleem, toevallig probeer blou anc al jare om plisie in Kaap wakker te kry maar bont anc stop dit, dan lyk blou anc vir mense soos jy sleg

Taxpayer ·

Maak n lys met die tien swakste regerings en die lys gaan baie dieselfde lyk!

Anoniem ·

Die regering is seker baie trots hierop aangesien dit is waarheen hulle streef

BlinkStephaans ·

Kaapstad en PE het altwee baie groot bende aktiwiteit, en dit is hier waar die sakkie met die tik die waaier tref. Die bendes “diens” hul gebiede en die vraag na dwelms is onversadigbaar. As n ander bende net waag om n lyn oor te steek is dit oorlog… daai ou… sy meisie… sy kind… sy hond… sy ouma, almal is gemerk… en hulle vat jou uit. Môre “return ons die favor” en vat iemand aan die ander kant van die lyn uit. Dit is n bose kringloop wat nie cele met sy pluiskuil of die weermag sal stop. Dit is n leefwyse vir hierdie mense… en n oorlog waarvan ons bittermin verstaan. Hierdie stede sal nog lank in die top 50 skyn. Dit is hele gemeenskappe wat verval het in dwelm misbruik… en hul eie mense wat hulle met die lelikste van geldsug en mag bly voer,
en die wat dit dryf het geen genade vir mense lewens. Dood sal jy dood… as dit nie vandag is is dit môre… en daar sal baie bloed wees. Hierdie is ook dade waarmee bendelede kan spog en opgan maak. So hoekom nie. As die studie die getal bende/dwelm verwante moorde kon wegneem sal nie een van hierdie twee stede n lys ruik nie.

Merie Perd ·

Blink Stefaans, “I rest my case” Ek wou nog iets se maar jy het dit mooi raakgevat.

Janie ·

Dis ook waar vir soveel ander stede op die lys: al die stede in Sentraal-Amerika, byvoorbeeld.

Peter ·

LOL en dit van n Mexican plek, dan moet jy weet hoe vrot jou land is.

Gert van Wierdapark ·

Taxpayer ons behoort Loshande die eerste plek in te neem wat betref die swakste regering (ons het mos ‘n Kakistokrasie wat gedy)!

JL ·

Niemand het ‘n probleem met die feit dat die “statistieke” deur ‘n Mexikaanse maatskappy gedoen is nie? Wat het gebeur? Suur druiwe, want die Kapenaars wou nie hulle drugs koop nie? Hahaha!!

Cherokee ·

Wat die DA in Kaapstad gaan doen om die rekord te behou, is ‘n vraag want PE kompeteer hewig.

Piet ·

Jy kan maar seker wees, SA sal die heel beste vaar in die heel swakste en gevaarlikste, want die land loop mos op sy eie, sonder enige bestuur.

Carol ·

Ag jinne, hou tog op kla. Nêrens is dit heel veilig. Al wat die lys is, is gekoppelde stede aan moorde. Kyk DSTV kanaal 71, moorde vind oral plaas.
Vermy risiko-plekke en beveilig jouself sover moontlik. Die res, is uit ons hande.

Leon ·

Die grrotste hoeveelheid is in die Suidelike halfrond. Suid Amerika is die gevaarlikste. Interessant is dat die Amerkas is die gevaarlikste, en dan Suid Afrika. Daar is geen Europese of Asiese stede nie. Suid Afrika het selfs die res van Afrika uitgestof as die gevaarlikste. Die ANC bereik definitief sy doel on hierdie land ‘n ramp te maak.

Ryno ·

Ten spyte van hoe “gevaarlik” Mexiko is, was ek in Februarie daar met vakansie. Was fantasties gewees. Net so kan buitelanders nog steeds lekker hier vakansie hou, ten spyte van hoe “gevaarlik” dit hier is.

Mason ·

Ek het die berig begin lees en gewag om JHB raak te lees maar helaas… eks heel verbaas dat dit Kaapstad is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.