3 soek wat peperduur kameratoerusting buit

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Die polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad in die Wes-Kaap is op die spoor van drie verdagtes nadat ’n groep gewapende rowers Vrydag op ’n ateljee in Tuine in Kaapstad toegeslaan en na raming R4 miljoen se kameratoerusting gesteel het.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die rowers het hulle Vrydagoggend as klante voorgedoen toe hulle omstreeks 09:15 op die ateljee toegeslaan en die werknemers met vuurwapens aangehou het.

Die rowers het met kameras, kameralense en toerusting wat gebruik word vir die vervaardiging van rolprente in ’n wit Toyota Etios en ʼn bruin Toyota Corolla op die vlug geslaan.

Een van die verdagtes is op kringtelevisiekameras vasgelê. (Foto: SAPD)

Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgelê en een van die verdagtes kon met behulp van dié beeldmateriaal uitgeken word.

Die polisie doen ’n beroep op die publiek om enige inligting oor waar die verdagtes hulself moontlik kan bevind by speursers. Isaac Tshabalala by 067 713 5460 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 aan te meld.

’n Saak van sakeroof word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Niklaas ·

Natuurlik staan daar altyd ‘n party reg om dit te koop by die diewe. En dis waar ons grootste misdaad probleem lê . Maak plan met die pandjie winkel eienaars en misdaad is dan nie meer so ‘n gesogte beroep nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.