3 sterf in Kuruman-botsings

Die twee bakkies wat reg van voor gebots het. Foto: ER24

Die twee bakkies wat reg van voor gebots het. Foto: ER24

Drie mense, onder wie ʼn eenjarige kind, het Saterdag in drie onderskeie padongelukke in die Kuruman-area gesterf.

In ʼn ongeluk waarin ʼn motor verskeie kere gerol het moes een van die insittendes met lewenskake uit die wrak verwyder word. Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het die ander insittende ondanks noodbehandeling aan sy beserings beswyk.

ʼn Eenjarige kind is dood in Caging, Kuruman, toe ʼn taxi die kind getref het.

In nog ʼn ongeluk is een persoon dood en 15 beseer toe twee bakkies op die N14 naby Olifantshoek reg van voor gebots het. Volgens Vermaak was die meeste van die passasiers agter op die bakkie toe die ongeluk plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Solank daar nie sigbare patrolering verkeersbeheer is nie sal die ongelukssyfer toeneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.