3 sterf in skietvoorvalle in Bloem

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Drie mense is dood en verskeie ander beseer in skietvoorvalle die afgelope naweek in Bloemfontein.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê al die voorvalle het Saterdagaand plaasgevind.

Die eerste voorval het in Bochabela in Mangaung plaasgevind waar die polisie ʼn wenk ontvang het van ʼn skietvoorval. “ʼn 23-jarige man is in die kop geskiet en is op die toneel dood verklaar,” het Makhele gesê.

Ao. Lorraine Earl, ook ʼn woordvoerder van die polisie, het bevestig daar is een verdagte in dié voorval.

“In ʼn ander voorval het drie mans twee ander in ʼn plakkershut in Batho aangeval. Hulle het op die mans losgebrand,” het Makhele gesê. Volgens hom is ʼn 17-jarige seun in die been gewond en ʼn 27-jarige man doodgeskiet.

Volgens Mkhele het dieselfde mans na bewering na nog ʼn plakkerhut gegaan waar drie vroue gewoon het. “Hulle het ook op die vroue losgebrand en twee vroue, 27 en 36 jaar oud, gewond. ʼn 35-jarige vrou is doodgeskiet.”

In nog ʼn voorval is twee mans beseer nadat twee verdagtes die deur van hul huis afgeskop en op hulle losgebrand het. “Twee mans, 23 en 24 jaar oud, is gewond. Die verdagtes het klapmusse gedra,” het Earle gesê.

Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die beseerdes na nabygeleë hospitale geneem vir mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.