3 sterf ná 2 trokke trompop bots

Die twee vragmotors wat gebots het. Foto: ER24

Die twee vragmotors wat gebots het. Foto: ER24

Drie mense is dood nadat twee vragmotors Woensdagoggend naby Howick in KwaZulu-Natal mekaar reg van voor getref het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die botsing op die N3-snelweg naby Lions Head-weg in die Midlands-omgewing plaasgevind.

“Die vragmotors het mekaar kop-teen-kop getref en ná die botsing by ʼn steilte afgerol. Albei vragmotors het oopgeskeur en is erg beskadig,” het Meiring gesê.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê een van die oorledenes is tydens die ongeluk uit ʼn vragmotor geslinger. Hy was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die ander twee persone was ook reeds dood. Hul liggame moes deur die brandweer uit die wrakke gesny word,” het Steinmann gesê.

Steinmann het gesê een persoon het ernstige beserings opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Sy het gesê dié ongeluk het tot ʼn tweede ongeluk op dieselfde plek gelei, waar ʼn ligte motor ʼn swaarvoertuig van agter getref het. Twee mense in die motor het geringe tot matige beserings opgedoen. Die vragmotorbestuurder is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elsie ·

Sjoe “die ander oorledenes was ook dood” ek was onder die indruk, oorlede is dood :-)

Delia ·

Elsie, ten spyte van die tragedie, het jy my nou lekker laat giggel……weet nie wie skryf die berigte nie, maar hopelik sal dit weer seker na jou opmerking reggestel word….

Sune van Heerden ·

Dagsê Elsie

Ag nee! Ons bring dadelik die wysigings aan. Dankie dat jy ons hierop gewys het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Se Maar Net ·

Ek het al daardie pad gery, en ek moet sy sommige van die trok bestuurders dink dit is ‘n
Auto baan!!!!

Stephanie ·

Ek stem, ek sidder om te dink dat ons een van die dae die pad gaan ry. Wens trokke kon verbied word en treine weer ingespan word om als te vervoer..

Liza ·

Ja, ek het al gewonder…. miskien was die vragmotor bestuurders eers TAXI bestuurders.

Peet Schabort ·

Kop- teen-kop op ‘n snelweg ? Gewoonlik is die houding “ek is groot en jy is klein”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.