3 taxi-eienaars doodgeskiet

Argieffoto

Die Gautengse polisie is op die spoor van verdagtes nadat drie taxi-eienaars vandeesweek in Mabopane, noord van Pretoria, doodgeskiet is.

Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het Donderdagmiddag plaasgevind.

Volgens Masondo het die polisie inligting ontvang oor ’n skietery op die hoek van Bosveld- en Augustweg. By hul aankoms het hulle op die toneel drie mans op die grond aangetref.

Die mans het al drie skietwonde gehad en is later deur paramedici op die toneel dood verklaar.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die slagoffers almal taxi-eienaars was en geskiet is terwyl hulle in gesprek met mekaar was, het Masondo gesê.

Drie onderskeie sake van moord is intussen by die polisie aanhangig gemaak. Niemand is egter nog in hegtenis geneem in verband met die moorde nie.

Die polisie versoek die publiek om enige inligting rakende die voorval by hul naaste polisiestasie of die Misdaad Stop-nommer by 08600 10111 aan te meld, het Masondo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JohanR ·

Is dit nie tyd dat taxi staanplekke heeltemal afgesonder word en alle mense en taxis wat deur die hekke gaan word deursoek vir wapens. Daar moet snuiffel honde wees en metaal verklikers by elke hek. Elke taxi ry met of ‘n geweer of ‘n panga onder die druiwer se sitplek, en dis van daar waar die geweld uitbreek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.