ʼn Multidissiplinêre operasie deur die Valke, die metropolisie en misdaadintelligensie het tot die inhegtenisneming van drie verdagtes gelei in verband met die moord op twee metropolisiebeamptes.
Volgens kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, is die verdagtes Woensdagaand in hegtenis geneem.
Mhlongo het gesê daar was aanvanklik ʼn konfrontasie met een van die verdagtes en ʼn skietgeveg het uitgebreek. Dié verdagte is gewond en is tans onder polisiebewaking in ʼn hospitaal.
Die twee Durbanse metropolisiebeamptes is Maandagaand terwyl hulle in Bambayi, naby Phoenix, aan diens was, doodgeskiet.
Die beamptes was op lyfwagdiens by ANC-raadslid Sthe Zulu se huis in wyk 52 toe twee mans hulle genader het. Die aanvallers het hul dienswapens geëis en hulle doodgeskiet.
Ek is seker n informant het die skuldiges verklap niks met die driedubbele multidisipline senior taakmag beter bekend as die avengers met captain south africa aan die hoof nie.