3 vas wat glo lisensies verkoop

lisensie

Argieffoto.

Die eienaar van ’n bestuurskool en twee lisensiebeamptes is Vrydag in Limpopo in hegtenis geneem nadat die beamptes na bewering bestuurslisensies uitgereik het in ruil vir betaling.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC), sê in ’n verklaring die verdagtes is in Thohoyandou in hegtenis geneem nadat die RTMC inligting ontvang het van beamptes wat by die Sibasa-toetssentrum bedrieglike bestuurslisensies aan twee aansoekers wou uitreik.

Volgens Zwane het die RTMC se teenkorrupsie-eenheid op dié inligting gereageer waarna die eienaar van die bestuurskool en twee lisensiebeamptes, ’n man en ’n vrou, in hegtenis geneem is. Al drie verdagtes is tans in aanhouding en sal na verwagting volgende week in ’n hof verskyn.

In nóg ʼn voorval is drie toetsbeamptes is by ’n toetssentrum in Marble Hall in hegtenis geneem nadat hulle glo bedrieglike sertifikate uitgereik het vir voertuie wat hulle nooit getoets het nie.

Dié beamptes was ten tyde van die inhegtenisneming Vrydag uit op borgtog nadat hulle reeds vantevore vir ’n soortgelyke oortreding in hegtenis geneem is. Hulle sal volgende week in ’n hof verskyn op aanklagte van bedrog en die oortreding van die Nasionale Padverkeerswet.

Zwane het gesê die RTMC is op die spoor van nog twee verdagtes wat met dié bedrieglike aktiwiteite verbind word.

Altesaam 30 beamptes wat die padwaardigheid van voertuie nagaan is verlede maand tydens die Valke se operasie Corolla in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van bedrog wat verband hou met die uitreiking van padwaardigheidsertifikate. Al die verdagtes is sedertdien op borgtog vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Michael P

Jho. Sien as jou regering so kurupt is dink die mense in die land dit is reg om so aan te gaan dit sal nooit op nie.

Scalla

Kla hul aan vir moord, met hul skelm optrede is hul verantwoordelik vir oorsaak van ongelukke.

Jerry B

Sal nooit korrupsie in Afrika kan stop nie.

Schalk

Ek het so n persoon op n whatsapp groep. Hy verkoop behalwe lisensies, Unisa grade, vuurwapen lisensies en nog n string ander lisensies ook. Ek het die inligting vir die Valke gegee, hulle doen absoluut niks omtrent dit nie. Miskien sien hulle dit ook maar soos die ANC, werksgeleenthede.

Ellisras

Dit is nou net te laat. As ek vroeër geweet het sou ek vir my kind ‘n lisensie gekoop het. Hy kan bestuur. Maar as jy lig van vel is kom jy nooit deur nie. Dalk omdat ek nie geld wil betaal nie.